LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by Khaya Luvivane | LekkeSlaap
+24

Khaya Luvivane

Selfsorg
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Butterfly-straat 1863, Marlothpark, 1321, Mpumalanga
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 600 per nag (plek vir 10)

Beskrywing

Khaya Luvivane is ’n selfsorgboshuis in Marlothpark, ’n wildbewarings- en vakansiedorp op die suidelike grens van die Krugerwiltuin, tussen Malelane en Komatipoort in Mpumalanga. Dit is ’n bekende oornagplek vir diegene op pad na die Krugerwiltuin, Swaziland en Mozambique, en gee besoekers die geleentheid om die Groot 5 te sien.

Die huis het slaapplek vir 6 gaste en beskik oor 2 slaapkamers, ’n solderkamer, 2 badkamers, ’n oopplan-kombuis en ’n leefarea. Die hoofslaapkamer en tweede slaapkamer het elkeen ’n koningingrootte-bed, ’n en suite-badkamer met ’n stort, én lugversorging. Daar is 2 enkelbeddens in die solderkamer.

Die kombuis is met ’n gasstoof, yskas-vrieskas, diepvrieskas, mikrogolfoond, broodrooster, eetgerei en breekware toegerus. Die eetarea het sitplek vir 6 en gaste kan hiér bymekaarkom om te eet of speletjies te speel. Daar is ook ’n kroeg sonder voorraad met ’n yskassie, kanne en glase. Die groot boma is ideaal om buite kos te maak en te ontspan. Die stoep lei na ’n plonspoel via 'n houtskuifhek.

Slaapplek

’n Bespreking by Khaya Luvivane sluit in:

Koningingrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed
Koningingrootte-bed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed
Enkelbed / Driekwartbed
Area 1
Plek vir 4 persone
4 xEnkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek

Geriewe

  • Kroeg
  • Swembad
  • Begeleide Wildritte as Ekstra
  • Braaiplek
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Selfsorg

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Groot 5
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Konferensiegeriewe

  • Lugversorging

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Ligging

  • Butterfly-straat 1863, Marlothpark, 1321, Mpumalanga
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 600
per nag (plek vir 10)
Vanaf R1 600
per nag (plek vir 10)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Butterfly-straat 1863, Marlothpark, 1321, Mpumalanga
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA6ac53289932ed6ba1c3eb1bb706593e841f3d12375d9246839b3687e6f98961489870ce87d158ef51cd56542795329dde198?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R1 600  per nag (plek vir 10) 1863 Butterfly Street Martloth Park 1321 Mpumalanga 086 999 0018 14:00-22:00 10:00 -25.342057516869 31.779480160119
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!