Khululeka Bushveld Guest Farm

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Khululeka Bushveld Guest Farm is op 'n werkende plaas geleë en bied 'n rustige bosveld-wegbreek.

Khululeka Bushveld Guest Farm se eenhede kan saam bespreek word om slaapplek vir 'n groep van 17 gaste te bied. Gaste kan House Hornbill bespreek met slaapplek vir 4 gaste, die Kingfisher Cabin met slaapplek vir 5 gaste, Suikerbekkie het slaapplek vir 2 gaste en House Tarentaal met slaapplek vir 6 gaste.

House Hornbill beskik oor 2 slaapkamers en 2 badkamers. Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens en maak gebruik van die tweede badkamer. Die Kingfisher is 'n dubbelverdiepinghouthuis langsaan die swembad en beskik oor 2 slaapkamers wat 'n badkamer deel. Een van die kamer is op die boonste verdieping en het 'n dubbelbed. Die tweede slaapkamer is op die onderste verdieping en het 'n dubbelbed en 'n enkelbed.

Suikerbekkie is 'n en suite-slaapkamer met 'n dubbelbed en 'n stort. House Tarentaal het 'n oopplan-uitleg en, 'n koninggrootte-bed en 4 enkelbeddens met 'n privaat badkamer. WiFi is beskikbaar en elke eenheid, behalwe Suikerbekkie, het 'n yskassie.

House Hornbill is die hoofhuis en beskik oor al die gemeenskaplike geriewe wat gedeel word tussen die eenhede. Die groot gemeenskaplike kombuis is toegerus met 'n stoof, oond, mikrogolfoond, yskas en tee- en koffiemaakgeriewe. Daar is ook 'n eetkamertafel. Die sitkamer het 'n TV met DStv en gaste kan die kroegarea benut. Braaigeriewe is vir gaste beskikbaar en gaste kan ook ontspan by die swembad by die hoofhuis.

Veilige, onderdakparkeerplek is beskikbaar en 'n motorhuis is op versoek beskikbaar. Ongelukkig word troeteldiere nie toegelaat nie, as gevolg van die wild wat rondloop.

Gaste kan lekker deelneem aan die plaas-aktiwiteite, voëlkyk, diere gewaar en die pragtige sonsondergang geniet.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Kunsvlieghengel
  •  Visvang
  •  Baarshengel
  •  Groot 5
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  24-uur Ontvangs
  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Spa-behandelinge
  •  Swembad
  •  Begeleide Wildritte as Ekstra
  •  Braaiplek
  •  Gastesitkamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Masseer- en Skoonheidsterapie
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Konferensie geriewe

  •  Lugversorging

Maaltye Aangebied

  •  Aandete Op Versoek
  •  Piekniekmandjies Op Versoek
  •  Tee
  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit
  •  Agter Elektriese Hek

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Khululeka Bushveld Guest Farm gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R900 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]