Kiepersol B&B en Selfsorg

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Geleë in die Elandsvallei met die Elandsrivier op jou voorstoep, is Kiepersol Selfsorg 'n plek waar jy tuis sal voel, en hartlike gasvryheid en gerieflike verblyf sal geniet.

Ideaal gesetel, net na die afdraai vanaf die N4, op pad na die Kruger Nasionale Park en Mosambiek.
Ons is geseënd met 'n oorvloedige voëllewe, lieflike berguitsigte en besoekers soos dassies, muishonde en otters. Gedurende die winter lewer die Egiptiese Ganse besoek af en spog met hulle kuikens. Vanaf April-Julie elke jaar kan jy jou eie pekanneute pluk.

3 Selfversorgende opsies is beskikbaar. Kothuis 1 het 1 badkamer, en suite stort en kombuis. Kothuis 2 is taamlik ruim, is oopplan, met 'n en suite stort en slaapgeriewe vir tot 4 gaste. Die huis het 'n lieflike uitsig oor die Elandsrivier, het 3 slaapkamers, 3 storte, 4 toilette en 'n sitkamer.

Alle eenhede is ten volle toegerus met 'n yskas, gasplate, mikrogolf, linne, en braaigeriewe op 'n privaat oordekte stoep.

1 Uur se rit vanaf Nelspruit, en gerieflik geleë vir daaglikse eie-vervoer-uitstappies na Kaapsche Hoop, Sabie, Graskop, Pelgrimsrus, die Sudwalagrotte, die skilderagtige Hooglandmeander en die Laeveldse Platorand.

Geen ontbyt of aandete word voorsien nie. 'n Minimum van 2 nagte se verblyf is van toepassing. Kinders van 12 jaar en ouer word geprys as volwassenes.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Kroeg
  •  Braaiplek
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Kiepersol B&B En Selfsorg gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R470 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za