Kiepersol Lodge

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Kiepersol Lodge is aan die oewer van die Vaalrivier in die Vredefortkoepel Wêrelderfenisgebied geleë en is slegs 36 km buite Potchefstroom en 40 km vanaf Parys.

Hierdie tradisionele grasdak-eenheid bestaan uit 3 slaapkamers en 'n solder. Daar is 'n nou trap wat na die slaapkamers lei en elke kamer het 'n dubbelbed. Van die kamers bied ook toegang na buite. Die kombuis is goed toegerus en sluit aan by die sitkamer waar gaste lekker op donkerleerbanke kan ontspan. Daar is ook 'n houtdek wat vanuit die ruim leefarea bereik kan word. Hier kan gaste 'n pragtige uitsig oor die fauna en flora van die bosveld en die Vaalrivier geniet. Die eenheid het ook binne- en buitebraaigeriewe.

Die lodge bied ook toegang tot 'n 100 m-strook van die rivieroewer, so dis ideaal vir ywerige vissermanne en luilekker ontspanning in die ongerepte natuur. Gaste kan onder andere ook bergklim of bergfietsry.

Let asb. daarop dat troeteldiere nie toegelaat word nie.

Geen musiek, partytjies of lawaai word toegelaat nie. Indien hierdie reëls nie nagekom word nie sal gaste gevra word om die perseel onmiddellik te verlaat. In hierdie geval sal geen terugbetaling plaasvind nie.

Slaapplek

'n Bespreking by Kiepersol Lodge sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Area 1 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Jacuzzi
  •  Braaiplek

Aktiwiteite Naby

  •  Wildritte

Aktiwiteite op perseel

  •  Kunsvlieghengel
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Jacuzzi

Geriewe

  •  Jacuzzi
  •  Braaiplek
  •  Geen Rook Binnenshuis

Kamergeriewe

  •  Verekombers
  •  Kaggel

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Kiepersol Lodge gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 980 per nag (plek vir 8)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za