Kierieklapper River House

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Kierieklapper River House is 'n luukse selfsorghuis vir gesinne aan die oewer van die Krokodilrivier met 'n uitsig oor die Krugerwildtuin. Hierdie selfsorghuis is ideaal vir gesinne en klein groepe wat op soek is na 'n unieke bosveld-ervaring.

Kierieklapper River House is geskik vir 8 volwassenes en 2 kinders, en beskik oor 4 slaapkamers, elkeen met lugversorging, 'n en suite-badkamer en uitgang na buite. Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed en 'n slaapbank, die tweede kamer het 'n koningingrootte-bed en 'n slaapbank, die derde kamer het net 'n koningingrootte-bed en 'n enkelbed en die vierde kamer het 'n dubbelbed en 'n enkelbed. Al die beddens is oorgetrek met silwerskoon, wit linne en handdoeke word voorsien. Die huis word elke dag skoongemaak en 'n TV met volledige DStv is beskikbaar.

Kierieklapper River House beskik verder oor 'n volledig toegeruste oopplan-kombuis, 'n binnebraai, eetarea, 'n dek met vuurmaakplek en 'n swembad. Die sitkamer en boonste balkon het pragtige uitsigte en is ideaal vir gesinne en vriende wat die natuur saam wil waardeer.

Hierdie huis is ideaal vir besoekers wat die Laeveld wil verken. Die Krugerwildtuin se Krokodilbrughek en Malalane-hek is onderskeidelik 15 en 30 km van Kierieklapper af met 'n teerpad. Die Krokodilbrug kan bereik word met 'n teerpad wat deur Komatipoort loop. Daar is 'n hele paar uitstekende gholfbane en restaurante in Malelane en Komatipoort. En Nelspruit en Witrivier, 80 en 100 km van Kierieklapper af, het selfs nog meer doendinge. Kierieklapper River House kan jou voorsien van die kontakbesonderhede van interessante doendinge in die omgewing, soos olifantry, restaurante en die Jane Goodall Chimpanzee Sanctuary, om maar 'n paar te noem. Die Kruger Mpumalanga Lughawe is net sowat 80 km van Kierieklapper River House af.

Slaapplek

'n Bespreking by Kierieklapper River House sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koninggrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 3 - Huisves 3 persone
1 x Enkelbed / Driekwartbed
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 4 - Huisves 3 persone
1 x Enkelbed / Driekwartbed
1 x Dubbelbed

Kenmerke

  •  Swembad
  •  Braaiplek

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Groot 5
  •  Voëlkyk
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Aparte Toilet
  •  Stort

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens

Hier praat ons

  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Lugversorging

Konferensiegeriewe

  •  Lugversorging

Parkeerplek

  •  Onderdakparkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  Boeke en Tydskrifte
  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Kierieklapper River House gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R3 200 per nag (vir 8 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za