Kijabe Lodge

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Kijabe Lodge bied gerieflike en gesellige blyplek in 'n rustige omgewing. Die huis is geleë te midde welige plante en kuswoude op 'n suikerrietplaas aan die Noordkus en spog met lieflike uitsigte oor die Indiese Oseaan. Gaste sal gereeld die walvisse en dolfyne kan sien baljaar in die see.

Kijabe Lodge is 'n pragtige Koloniale huis met 4 en suite-kamers, en elke kamer het DStv. Die huis het ook WiFi. Daar is ook 'n vyfde kamer met 2 dubbelbeddens. Daar is 'n groot sitkamer met lugversorging wat lei na 'n stoep wat spog met see-uitsigte en 'n braaiplek. Die stoep is die beste plek om te ontspan terwyl die klanke van die voëltjie se getjilp jou sal bekoor en die uitsig oor die tuin jou sal rustig maak. Soggens kan gaste heerlik ontbyt geniet op die stoep.

Daar is ook 'n kothuis wat uitkyk na die see en het plek vir 3 persone. Daar is 'n dubbelbedkamer, oopplan-kombuis, -leefarea en -eetarea. Daar is 'n enkelbed in die leefarea ook. In die kombuis is 'n stoof, oond, yskas/vrieskas, eetgerei en breekware.

Die swembad is beskikbaar vir gaste om te gebruik en by te ontspan en baljaar.

Gaste kan 'n lekker stappie geniet om die plaas in die inheemse kuswoude. En, diegene wat soggens vroeg gaan stap sal bederf word met die mooiste sonsopkoms oor die see. Julle kan ook lekker pieknieks op die plaas geniet by uitgesoekte plekke, en dan op kussings en komberse ontspan.

John en Jacqui Wilkes, jou gashere sien uit daarna om jou kuier onvergeetlik te maak. Hulle is albei bobaas-kokke en sien uit daarna om lekker maaltye voor te berei.

Kenmerke

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Baarshengel
  •  Groot 5
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Selfsorg
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Kijabe Lodge gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R900 per nag (plek vir 3)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za