Kingdom's Place

Voeg by Gunstelinge

 

Langtermynverblyf-aanbod 40 % af

Kry 40% af vir verblyf wat 15 nagte of langer is. Geldig vanaf 1 Jul 2019 tot 30 Jul 2019.

Beskrywing

Dié bekoorlike selfsorg-instansie is tussen Rustenburg en Sun City geleë. Kingdom's Place is in die dorpie Ga-Luka, meer bekend as "Mogono Township", geleë. Luka is een van die rustige dorpies buite Sun City. Kingdom's Place streef daarna om gaste welkom en gewaardeer te laat voel.

Kingdom's Place het slaapplek vir 6 gaste wat deel en dis die ideale wegbreekplek vir stadsjapies wat van die besige betonoerwoud af wil ontsnap. Kingdom's Place maak voorsiening vir gesinne, sakereisigers, kontrakteurs, wittebroodpaartjies en avonturiers. Die instansie het alles wat gaste nodig het vir 'n onvergeetlike, rustige wegbreek. Alle kinders is welkom en bly gratis indien hulle jonger as 4 jaar oud is en 'n kamer met hulle ouers deel.

Die netjiese, skoon selfsorg-eenheid beskik oor 3 slaapkamers, 'n badkamer, 'n oopplan-kombuis en 'n groot stoep. Elke slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n TV met DStv-kanale. Die kombuis is ten volle toegerus met 'n yskas-vrieskas, stoof, oond, mikrogolfoond, ketel, borde, eetgerei en broodrooster. Ontbyt is op versoek beskikbaar, maar gaste moet vooraf bespreek. 'n Wasgoeddiens is ook op versoek beskikbaar.

Kingdom's Place is skoon, gemaklik, uiters bekostigbaar en rook is verbode. Kingdom's Place bederf gaste met 'n kalm en privaat tuiste weg van die huis af. Veilige parkeerplek op die perseel dra by tot kommervry-verblyf. Die kamers word daagliks skoongemaak, behalwe op Sondae.

Ernest en Maggy is jou gasheer en -vrou gedurende jou welverdiende wegbreek.

Slaapplek

'n Bespreking by Kingdom's Place sluit in:

1 x Koningingrootte-bed

Kenmerke

  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort
  •  Seep

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Dienste

  •  Kamer daagliks skoongemaak

Geriewe

  •  24-uur Ontvangs
  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens

Hier praat ons

  •  Engels
  •  Zoeloe
  •  Xhosa

Kamergeriewe

  •  Waaier

Maaltye Aangebied

  •  Tee

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  Boeke en Tydskrifte
  •  Gedeelde DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Kingdom's Place gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R2 800 R1 680 per nag (plek vir 6)

Kry 40% af vir verblyf wat 15 nagte of langer is. Geldig vanaf 1 Jul 2019 tot 30 Jul 2019.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za