Kingdoms Lodge
- Kapasiteit: 48 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: R33, Krokodilsdrift Farm Portion 5, Groblersdal, 0470, Limpopo
- Vanaf R1 500 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
Kingdoms Lodge bied gerieflike verblyf op 'n plaas, net buite Groblersdal. Dit is 'n uitstekende keuse vir sakereisigers en vakansiegangers wat op soek is na 'n rustige en gerieflike tuisbasis terwyl hulle hierdie dorp besoek.
Gaste het 'n keuse tussen 5 uitvoerende kamers, 14 standaardkamers en 5 presidensiële kamers. Elke kamer beskik oor 'n en suite-badkamer met óf 'n bad óf 'n stort, gemaklike beddens, kwaliteit linne en handdoeke, 'n TV en 'n kombuisie met 'n yskassie, tee- en koffiemaakgeriewe en 'n etenstafel. Toegang tot Wi-Fi is beskikbaar.
Die lodge spog met 'n gemeenskaplike swembad, 'n onderdakstoep met buitemeubels, 'n restaurant op die perseel, konferensiegeriewe en lokale vir geleenthede soos bruidstorte en korporatiewe geleenthede. Veilige parkeerplek is op die perseel beskikbaar. Dié eiendom is sowat 6,8 km buite Groblersdal waar gaste geriewe soos winkels en restaurante kan geniet.
Dít is wat jy hier sal kry
Ligging
- R33, Krokodilsdrift Farm Portion 5, Groblersdal, 0470, Limpopo
Sien meer verblyf in Groblersdal Loskopvallei Limpopo
- Kapasiteit: 48 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: R33, Krokodilsdrift Farm Portion 5, Groblersdal, 0470, Limpopo
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang