+22
Selfsorg in Groot-Brakrivier

Kingfisher Cottage

6 gaste

3 slaapkamers

4 beddens

2 badkamers

  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Slaapplek vir 6 gaste
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • 133 Amy Searle Street, Pine Creek Holiday Resort, Groot Brakrivier, 6525, Wes-Kaap Sien kaart

Beskrywing

Kingfisher Cottage is gelee in die gewilde Pine Creek Vakansie-oord in Groot-Brakrivier en bied gehalte-verblyf vir 'n gesin of groep vriende. Die kothuis is naby verskeie winkels, restaurante, doendinge en besienswaardighede, en net 'n kort rit van die see af.

Die kothuis le direk aan die oewer van die Groot-Brakrivier en beskik oor 3 slaapkamers:
* Twee slaapkamers met dubbelbeddens waarvan een op die dek uitloop.
* 'n Derde slaapkamer met 2 enkelbeddens wat ook op die dek uitloop.
(Belangrik: Daar is nie 'n gang wat die slaapkamers vebind nie.)

Daar is 2 badkamers en 'n buitestort met warm water, ideaal om die sand na 'n dag by die strand af te spoel.

Die sitkamer bied gemaklike sitplek, terwyl die dek pragtige uitsig oor die rivier het - perfek vir ontspan en kuier.

Die kombuis is volledig toegerus met:
* Snappy Chef plaatstoof
* Yskas
* Mikrogolf
* Airfryer oond
* Koffie- en tee geriewe, breekware en eetgerei.

Linne en handdoeke word voorsien.

Buite is daar 'n houtdek wat oor die rivier strek, stoepmeubels en braaigeriewe in die klein boma en veilige parkeerplek op die perseel.

Vir vermaak is daar die volledige DStv-pakket en WiFi beskikbaar.

Kingfisher Cottage is 'n voelparadys met 'n verskeidenheid watervoels - en as jy gelukkig is, kan jy selfs die pragtige Knysna Loerie raaksien.

Daar is 'n houtdek wat oor die rivier strek, stoepmeubels, braaigeriewe, 'n boma en veilige parkeerplek op die perseel.

Gaste is welkom om die oord se swembad te gebruik.


Kamer-opset

Slaapkamer

En suite

2

1 x Dubbelbed

Bad, Stort-oor-bad, Toilet

Slaapkamer

2

1 x Dubbelbed

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Badkamer

Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Wassery naby
Swembad
Troeteldiere op versoek
Mooi uitsig
TV
DStv
Braai

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 35 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.6
Diens
4.9
Veiligheid
4.7
Gaste se hoogtepunte
Christa S
Saam met vriende
5.0
Rustig en. Ons sal enige tyd dit weer gebruik. Dit is ook baie privaat alhoewel dit deel van 'n kampeer area is.
Nov 2025
Lelani V
Gesin met klein kinders
5.0
Rus vir die siel. Baie lekker gebly! Alles was skoon en baie rustig. Mooiste uitsig oor die dek.
Sep 2025
Andries V
Saam met vriende
5.0
Heerlik. Het baie lekker gebly, en lekker in die rivier geswem.
Mrt 2025
Louise L
Gesin met klein kinders
4.8
Relaxing. Dit was baie rustig. My klein seun kon op sy eie gaan swem en trampoline spring. Die putputbaan kort bietjie aandag. Lekker in die rivier ge...
Sien meer
Jan 2025
Belinda G
Gesin met tieners
4.6
Baie lekker gekuier op die dek. Ons het lekker gebly. Alhoewel daar plek vir 6 gaste is, sou dit gemakliker wees as ons net 4 was.
Feb 2026

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Ina Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 35

Op LekkeSlaap 7 jaar

Ligging

  • 133 Amy Searle Street, Pine Creek Holiday Resort, Groot Brakrivier, 6525, Wes-Kaap
  • Gaste dink Kingfisher Cottage het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Toeganklikheid

Ingang en paadjie sonder trappe
Vanaf
R 2 000
per nag (plek vir 6)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 2 000
per nag (plek vir 6)
Bespreek

Jy sal nog nie hoef te betaal nie.

Vanaf
R 2 000
per nag (plek vir 6)
Bespreek

133 Amy Searle Street, Pine Creek Holiday Resort, Groot Brakrivier, 6525, Wes-Kaap

Sien kaart
  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Slaapplek vir 6 gaste
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAe883cc3e778b473f5afc22af46444f855856df468c640407bc18a9da07562cceb4f801135e50ad2b507d6fc44c74543cd8f1?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 000 per nag (plek vir 6) 35 5 1 5 133 Amy Searle Street Pine Creek Holiday Resort 6525 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -34.036913984626 22.220022297971

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang