LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by Kingston on Simbithi | LekkeSlaap
+23

Kingston on Simbithi

Selfsorg
Langtermynverblyf-aanbod 40% af

Kry 40% af vir verblyf wat 30 nagte of langer is. Geldig vanaf 1 Sep 2020 tot 11 Des 2020.

  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Simbithirylaan, Kingston Landgoed 102, Ballito, 4399, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R750 R450 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

Kingston on Simbithi is 'n selfsorgwoonstel op die veilige Kingston Landgoed aan KwaZulu-Natal se Noordkus, slegs 15 minute se ry vanaf King Shaka Internasionale Lughawe. Dis die ideale plek om die seelewe te bekyk, heerlike te eet met 'n uitsig oor die Indiese Oseaan of om net te ontspan. Kingston bied 'n veilige, ontspanne omgewing waar gaste tuis sal voel.

Dié woonstel het slaapplek vir 6 en beskik oor 3 kamers en 2 badkamers. Die eerste kamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, wasbak en toilet. Dié kamer het ook 'n skuifdeur wat na die balkon lei. Die tweede en derde kamer het 2 enkelbeddens. Die tweede badkamer het 'n bad, wasbak en toilet.

Die kombuis is toegerus met 'n oond, yskas, mikrogolf, ketel, broodrooster, eetgerei en breekware. Die sitarea het 'n TV met DStv-gesinspakket, 'n HiFi en 'n DVD-speler. Die sitarea het 'n skuifdeur wat lei na die balkon met 'n uitsig oor die tropiese tuin. Daar is 2 aangewese parkeerplekke waarvan 1 onderdak en die ander 'n oop parkeerplek is. Die parkeerplekke is met die eenheid se nommer gemerk.

Die Kingston Landgoed bied 3 gemeenskaplike swembaddens, braaigeriewe, 'n tennisbaan en 'n gemeenskaplike waskamer wat met ruilmunte werk. Ruilmunte is in die kompleks beskikbaar. Die kompleks bied ook 24 uur-toegangbeheer met sekuriteitswagte en is omhein met 'n elektriese heining.

Slaapplek

’n Bespreking by Kingston on Simbithi sluit in:

Koningingrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Gimnasium

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Swem
  • Tennis

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Swem

Hier praat ons

  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • 24-Uur Sekuriteit
  • Agter Elektriese Hek
  • Onderdakparkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Ligging

  • Simbithirylaan, Kingston Landgoed 102, Ballito, 4399, KwaZulu-Natal
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
was R750
Vanaf R450
per nag (plek vir 6)
was R750
Vanaf R450
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Simbithirylaan, Kingston Landgoed 102, Ballito, 4399, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA53979341e0872c80337201e3e5446af71f6d1313ab6a0586d65ca8ad4dcb6fb668388a5a28c0571a83689eeb8a4cc6136001?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format was R750, nou Vanaf R450  per nag (plek vir 6) Simbithi Drive 102 Kingston Estate 4399 KwaZulu-Natal 086 999 0018 14:00-22:00 10:00 -29.527403590129 31.207299783671
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!