Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Klaarstroom Guest House

Gastehuis
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 12:00
  • Adres: Hoofstraat 1, Klaarstroom, 6932, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 000 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Neem 'n tree terug na vervloë dae en beleef ouwêreldse Karoo-gasvryheid by hierdie gerestoureerde Victorianse opstal. Ons is geleë by die Noordelike ingang na Meiringspoort en het pragtige berg-uitsigte, vars Karoo-lug en eindelose sonskyn.

Dit is die ideale plek vir besoekers wat wil ontspan, hul batterye wil herlaai en die eenvoudige plesiertjies van die lewe wil geniet.

Die huis het hoë plafonne, houtvloere en Franse deure wat lei na groot stoepe. Die dekor is eenvoudig en elegant; 'n vermenging van outentieke meubels en skoon lyne wat resoneer met die suiwerheid van die verfrissende Karoo-landskap. Al die kamers is en-suite en is toegerus met dakwaaiers en verwarmers. Daar is 2 dubbelkamers en 'n "twin" kamer in die hoofhuis. Verder is daar 2 aaneengeskakelde kamers in die omskepte waenhuis.

Ons voorsien stewige ontbyte en tuisgemaakte aandetes wat gaste herinner aan die feit dat eenvoudige kos wat keurig voorberei is een van die lewe se groot genietinge is. Baie van ons gaste verlaat ons met herleefde herinneringe aan die oorvloed en gemoedelikheid van Ouma se kombuistafel vars in hul geheues.

Klaarstroom Guest House voorsien 'n plat-op-die-aarde, outientieke Karoo-ervaring in 'n merkwaardige klein dorpie wat bestaan uit 8 huise, 'n winkel, 'n polisiestasie en 3 kerke in die ou deel van die dorp. Die Grootrivier vloei rakelings aan die onderkant van die dorp verby op pad na die magtige Meiringspoortkloof. Die dorpie skuil tussen koppies en die statige Swartberge. Hierdie spesiale plekkie met sy asemrowende landskappe en ouwêreldse rustigheid het al telkemale as die milieu vir 'n films diens gedoen. "Faan se Trein (wat in Januarie vrygestel is) is hier geskiet en ons het verblyf aan die akteurs voorsien.

Jeremy en Sharon, jou gasheer en gasvrou, is mal daaroor om hulle stukkie paradys met jou te deel in die hoop dat jy dit net so rustig en verfrissend soos hulle sal bevind.

Ons bied ideale, rustige verblyf vir reisigers wat die Klein Karoo wil verken, Oustshoorn is 60 km van Klaarstroom af in 'n Suid-Westelike rigting en Prince Albert, in die groot Karoo, is 120 km van ons af. Klaarstroom is ook ideaal geleë vir reisigers wat op pad is na die kus toe van die binneland af, of vir reisigers wat van Kaapstad af na die Oos-Kaap op pad is en kan doen met 'n blaaskans.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering
Konferensiegeriewe

Geriewe

  • 24-uur Ontvangs
  • Swembad
  • Braaiplek
  • Gastesitkamer
  • Kombuisgeriewe
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Troeteldiere indien gereël
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Konferensiegeriewe

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt
  • Aandete
  • Tee

Konferensiegeriewe

  • Plek vir tot 10 afgevaardigdes

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.4 uit 5van 44 resensies vir Klaarstroom Guest House
Netheid
4.5/5
Diens
4.5/5
Ligging
4.5/5
Veiligheid
4.6/5
Waarde vir geld
4.2/5

Jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.4/5

Sharon Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 44

Jaar gelys 10

Ligging

  • Hoofstraat 1, Klaarstroom, 6932, Wes-Kaap
  • Gaste dink Klaarstroom Guest House het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R1 000
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R1 000
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 12:00
  • Adres: Hoofstraat 1, Klaarstroom, 6932, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA8e3c8d4d56eacd79d2b367ade661f5e315b9dcf4861ab7f6563c8e53e3142f293680ee5abbe532c1e37e6852b21cf36a2a86?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 000 per nag, vir 2 mense 44 5 1 5 1 Main Road Klaarstroom 6932 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-22:00 12:00 -33.332258303224 22.537035942078
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem