LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by Klein Paradys Lodge-Polokwane | LekkeSlaap
+61

Klein Paradys Lodge-Polokwane

  • Kapasiteit: 17 persone
  • Inkloktyd: 15:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Erf 21, Palmietfontein, Polokwane, 0699, Limpopo
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R580 per nag (vir 2 persone)

Beskrywing

Klein Paradys Lodge is op 'n 10 hektaar bosveld-kleinhoewe geleë. Dit grens aan die Polokwane Wildreservaat en bied gerieflike verblyf in 5 tuinhuisies. Alhoewel ons maklike toegang tot die dorp bied (met die R37) kan gaste steeds die rus en vrede van die bos hier by ons geniet.

Die uitleg van die huisies verseker gaste se privaatheid. Die huisies het elk hul eie dek en draagbare braaigeriewe. Elke huisie is ingerig met of 'n dubbelbed en 'n oopplan-badkamer (wat geskik is vir paartjies) of enkelbeddens en 'n en suite-badkamer. Gaste het toegang tot die gemeenskaplike kombuis wat toegerus is met 'n stoof, mikrogolfoond, yskas, potte, panne, eetgerei en breekware. Gedurende die warm somermaande is daar 'n draagbare swembadjie vir kinders beskikbaar.

Daar is rooibokke, vaalribbokke, emoes, bosvarke, eekhorinkies, nagapies en hase op die perseel. Nabygeleë besienswaardighede sluit in: die Bakone Malapa Northern Sotho Opelug Museum, die Peter Mokaba Stadion, Meropa Casino & Entertainment World, die Pietersburg Slang- en Reptielpark en die Mall van die Noorde.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Skoonmaakdiens Op Versoek

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Wildkyk

Aktiwiteite Naby

  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Bergfietsroetes

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.6 uit 5van 22 resensies vir Klein Paradys Lodge-Polokwane
Netheid
4.7/5
Diens
4.7/5
Ligging
4.2/5
Veiligheid
4.7/5
Waarde vir geld
4.7/5

Ligging

  • Erf 21, Palmietfontein, Polokwane, 0699, Limpopo
  • Gaste dink Klein Paradys Lodge-Polokwane het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Polokwane Limpopo
Vanaf R580
per nag (vir 2 persone)
Vanaf R580
per nag (vir 2 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 17 persone
  • Inkloktyd: 15:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Erf 21, Palmietfontein, Polokwane, 0699, Limpopo
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDE4ZDhlOGUzLWYyZmUtNDZkNy1hMDc5LTJjZjVjZDAxMTY1OQ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R580  per nag (vir 2 persone) 22 5 1 5 Plot 21 Palmietfontein 0699 Limpopo 086 999 0018 15:00-22:00 10:00 -23.975430377038 29.465054925531
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!