Klein Slangkop Beach House

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Klein Slangkop Beach House is in die gesogte Klein Slangkop-sekuriteitslandgoed in Kommetjie geleë. Die strandhuis is lig, modern en lugtig en bied gerieflike selfsorg-akkommodasie met stylvolle binnenshuise versiering. Ontspan met 'n glas wyn terwyl jy die uitsig oor Tafelberg Nasionale Park tot op Chapman's Piek bewonder en verlustig jou in die rustige omgewing.

Die huis is modern, oopplan en smaakvol versier en het slaapplek vir 8 gaste in 3 slaapkamers en 'n gastesuite. Die eerste slaapkamer is onder geleë en het 2 enkelbeddens en die tweede slaapkamer is ook onder en het 'n dubbelbed. Albei slaapkamers het toegang tot 'n gedeelde badkamer met 'n stort en 'n bad. Die derde kamer is op die boonste verdieping geleë en het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad en stort. Die gastesuite is onder geleë en het 'n aparte ingang vanaf die binnehof. Dit het 'n dubbelbed, 'n en suite-badkamer met 'n stort en 'n oopplan-leefarea en -kombuisie. Daar is ook toegang tot 'n tuintjie met gras voor die suite en 'n klein kuierarea met 'n ingeboude braai agter.

Die sitarea het 'n kaggel en 'n klein kroegarea met 'n wynyskassie. Dié vertrek lei na die eetarea wat weer na 'n moderne kombuis lei. Binne en buite vloei mooi ineen te danke aan die ligte gidspleistervloere. Die groot dubbeldeure weerskante van die sitkamer lei na 'n binnehof voor die huis en die kuierarea en tuin agter die huis. Gaste kan op warm somersdae in die swembad afkoel. 'n Enkelmotorhuis en parkeerplek van die straat af vir nog 3 voertuie word voorsien. Die enkelmotorhuis lei direk na die huis. Ter wille van sekuriteit het die leefarea grys aluminium-hortjies. Daar is ook 'n alarmstelsel met sekuriteitstrale buite en die landgoed het sekuriteitswagte wat 24 uur patrolleer.

Kenmerke

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Onderdakparkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Klein Slangkop Beach House gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R4 700 per nag (plek vir 8)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za