Kleinplasie Gastehuis

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Kleinplasie Gastehuis is op 'n pragtige kleinhoewe net 2 km buite die dorp Calvinia in die Hantam in die Noord-Kaap geleë. Die oorspronklike plaasgeboue wat meer as 100 jaar oud is, is pragtig gerestoureer tot 'n gasteplaas in 2002.

Die eiendom word besit en bestuur deur die semi-afgetrede paartjie, Oubaas en Marieta Strauss. Kleinplasie is 'n rustige plaas, omtrent 3,5 hektaar groot, en spog met 'n lieflike tuin waar plaasdiere soos skape en eende vreedsaam ronddwaal en die Hantamberge die skilderagtige agtergrond vorm. Buiten die B&B- of selfsorg-akkommodasie kan gaste ook die gasteplaas se eie restaurant en teetuin geniet wat ook aan besoekers oop is. Kleinplasie bied braaigeriewe, 'n dam om in te swem en 'n pragtuin.

Die Calvinia-distrik is deel van die Groot Karoo en is 400 km noordwes van Kaapstad op die Namibië-roete. Hierdie streek is veral bekend vir die verskeidenheid veldblomme wat in die lente hierdie landskap soos 'n kleurvolle kwilt verfraai, veral in Augustus en September, dit staan ook bekend as die Namakwaland blomseisoen. Die dorpie Calvinia het baie besienswaardighede soos die Calvinia Museum, Die Boekhuis, die Akkerendam Natuurreservaat en die bekende Hantam Vleisfees wat elke jaar in Augustus plaasvind.

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Kleinplasie Gastehuis gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R200 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false