Limpopo Akkommodasie by Klippan River Lodge | LekkeSlaap
+112

Klippan River Lodge

  • Kapasiteit: 24 persone
  • Inkloktyd: 12:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Klippan Plaas, Tom Burke, 0621, Limpopo
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R900 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Klippan River Lodge is op die oewer van die Limpoporivier geleë en is die ideale oornagplek vir reisigers wat op pad is na en van Botswana en Zimbabwe. Ons is gerieflik geleë langs die grensposte van Groblersbrug en Martin's Drift.

Verblyf word aangebied in 7 gerieflike selfsorgkamers. Rook is verbode in die kamers. Elke kamer is toegerus met 'n kroegie, lugversorging, 'n plafonwaaier, en suite-stort, linne, badhanddoeke, sekere DStv-kanale en koffie- en teemaakgeriewe. Die kamers word daagliks skoongemaak deur vriendelike personeel. Al die kamers lei na die rivier, wat 'n tuiste is vir krokodille en seekoeie.

Die lodge beskik oor 2 volledig toegeruste kombuise en 'n gelisensieerde leef- en eetarea met DStv. Gaste is welkom om gebruik te maak van die braai-area. Ontspan in die tuin, geniet die verskillende voëls wat daar te sien is en sluit die dag af met 'n bootvaart op die Limpoporivier.

Wasgoedgeriewe, ys, braaihout en braaipakke is beskikbaar op versoek voor aankoms. Klippan River Lodge is die ideale bestemming vir romantiese wegbreke, klein funksies en partytjies.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • 24-uur Ontvangs
  • Kroeg
  • Begeleide Wildritte as Ekstra
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Nagportier
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens

Aktiwiteite op perseel

  • Visvang
  • Voëlkyk

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels
  • Xhosa

Maaltye Aangebied

  • Aandete Op Versoek
  • Piekniekmandjies Op Versoek
  • Tee
  • Etes Op Versoek

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • 24-Uur Sekuriteit
  • Agter Elektriese Hek

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.3 uit 5van 17 resensies vir Klippan River Lodge
Netheid
4.5/5
Diens
4.1/5
Ligging
4.4/5
Veiligheid
4.4/5
Waarde vir geld
4.1/5

Ligging

  • Klippan Plaas, Tom Burke, 0621, Limpopo
  • Gaste dink Klippan River Lodge het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Limpopo
Vanaf R900
per nag (plek vir 2)
Vanaf R900
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 24 persone
  • Inkloktyd: 12:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Klippan Plaas, Tom Burke, 0621, Limpopo
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAqVeOIMmADu0jHfc4s8yTZQ5IJFAL78MH0ek5MEYlHfVnKXfnt5?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R900  per nag (plek vir 2) 17 5 1 5 Farm Klippan Tom Burke 0621 Limpopo 086 999 0018 12:00-23:00 10:00 -22.992570293137 27.943481504917
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za