Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Klondike Guest Lodge

  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Plot Klondike 670, Kurumanweg/N14, Vryburg, 8600, Noordwes
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 250 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Klondike Guest Lodge is slegs 'n paar kilometer buite Vryburg geleë en bied 'n heerlike, stil atmosfeer. Ons het 'n verskeidenheid interessante hansdiere en mak voëls wat op die eiendom wei, soos tarentale, poue, springbokke, duiker, skilpaaie en volstruise.

Verblyf word in moderne dubbel- of 2-enkelbedkamers van die hoogste gehalte gebied. Elke kamer het lugversorging met die opsie van 'n verwarmer en het 'n en suite-badkamer met 'n stort, koffie- en teemaakgeriewe, 'n satelliet-TV en 'n kombuisie met 'n yskas en 'n mikrogolfoond. Verder het elke kamer ook sy eie onderdak-parkeerplek, 'n braai-area en elektriese kragpunt buite. 'n Warm Engelse ontbyt word tussen 07:00 tot 08:00 weeksdae bedien en oor naweke kan gaste jogurt en muesli by ontvangs aanvra. Die lodge het 'n beeldskone swembad vir daardie warm somersdae.

Ons is ook die ideale funksie-, konferensie- of troulokaal en het 2 aparte onthaalareas, by die boma en die saal, om enige funksie te akkommodeer. Die bome bied geriewe vir tot 80 gaste, en is na aan die swembad geleë. Daar is 'n groot braai-area ingebou onder 'n groot doringboom wat 'n egte Bosveld-atmosfeer skep. Dit bied ook skaduwee op warm somerdae.

Die saal kan tot 400 gaste akkommodeer met gemaklike sitplekke. 'n Verskeidenheid dekor is ook beskikbaar en die saal het ook 'n volledige kroeg en klankstelsel. Die multi-funksionele venue het lugversorging en is ontwerp sodat dit in kleiner sale opgedeel word indien nodig. Vir konferensies is 'n oorhoofse projektor en blaai-kaarte beskikbaar.

Ons kan ons al die spyseniering doen vir jou funksie of geleentheid en bied 'n wye verskeidenheid disse op ons spyskaart. Ons eie sjef en ervare spysneringspesialis sal jou stapsgewys bystaan deur die beplanning vir jou groot funksie en dit 'n onvergeetlike ervaring help maak.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering
Konferensiegeriewe

Geriewe

  • 24-uur Ontvangs
  • Swembad
  • Braaiplek
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Satelliet-TV
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Konferensiegeriewe

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Konferensiegeriewe

  • Lugversorging
  • Wegbreekkamers
  • Dataprojektor
  • DVD-speler
  • Blaaibord
  • Witborde
  • Skootrekenaar-projektor
  • Internet
  • Televisie
  • Plek vir 50 of meer afgevaardigdes

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Onderdakparkering

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Diners-kaart
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.6 uit 5van 31 resensies vir Klondike Guest Lodge
Netheid
4.6/5
Diens
4.5/5
Ligging
4.5/5
Veiligheid
4.6/5
Waarde vir geld
4.6/5

Jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.5/5

Susan Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 31

Jaar gelys 8

Ligging

  • Plot Klondike 670, Kurumanweg/N14, Vryburg, 8600, Noordwes
  • Gaste dink Klondike Guest Lodge het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Vryburg Noordwes
Vanaf
Vanaf R1 250
per nag (plek vir 2)
Vanaf
Vanaf R1 250
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Plot Klondike 670, Kurumanweg/N14, Vryburg, 8600, Noordwes
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGZjY2VlZWEwLTc3YWEtNGYwZC1iMzZiLTJhOWEyNDE2OWYxMA?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 250 per nag (plek vir 2) 31 5 1 5 Plot Klondike 670 Kuruman Road/N14 8600 Noordwes 021 201 8901 14:00-21:00 10:00 -26.980020675283 24.688191711903
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem