Knysna Forest View

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Knysna Forest View is ’n selfsorg-vakansiehuis op ’n landgoed in die hartjie van die bekende Knysnawoud, slegs 7 km van die middedrop af en 2,5 km van die wêreldbekende Simola Gholfbaan.

Die woonstel bied slaapplek aan tot 8 gaste en het 3 slaapkamers, 2 badkamers en ’n oopplan-kombuis en -leefarea. Die ruim hoofslaapkamer het ’n koningingrootte-bed en en suite-badkamer met ’n stort, toilet en wasbak. Die hoofslaapkamer het ook dubbeldeur wat ’n uitsig op die tuin en woud bied. Die tweede kamer het ’n koningingrootte-bed, en die derde een het ’n dubbelbed. Albei kamers bied pragtige uitsigte op die heuwel en woud. Daar is ’n aparte badkamer op die boonste vloer vir dié 2 kamers.

Daar is 2 aparte matrasse en ’n slaapbank wat dan maksimum slaapplek aan 10 gaste bied. Gaste kan die luukse Egiptiese katoenbeddegoed in die gastehuis geniet. Die kamers het haardroër en daar is ook WiFi.

Die kombuis is volledig toegerus vir selfsorg met ’n gasstoof, elektriese oond, yskas-vrieskas, mikrogolfoond, eetgerei en breekware. Die eetarea het sitplek vir 8 en die sitarea het lugversorging en ’n gemaklike sitstel, en lei na ’n balkon wat asemrowende uitsigte bied. Hier kan jy die absolute vrede en rustigheid van die woud geniet. Vir die wintersaande is daar ’n earthfire keramiekkaggel wat oorgenoeg hitte voorsien.

Daar is ook ’n vuurput buite waar gaste heerlik kan braai en ontspan. Gratis parkeeplek is op die veilige perseel beskikbaar.

Slaapplek

'n Bespreking by Knysna Forest View sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Area 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelslaapbank

Area 2 - Huisves 2 kinders
1 x Kindermatras vir 2

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk

Badkamer

  •  En-suite
  •  Aparte Toilet
  •  Stort
  •  Seep

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Persoonlike Kluis
  •  Selfsorg
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Verekombers
  •  Kluis

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  DVD
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Knysna Forest View gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R2 700 per nag (plek vir 8)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za