Knysna Penthouses

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Knysna Penthouses is in Memorial Square in die middel van Knysna se middestad geleë en bied gehalteverblyf vir vakansiegangers én sakereisigers.

Dié 5 luuks gemeubileerde woonstelle is die perfekte plek om te bly in Knysna met sy verskeie besienswaardighede. Een van die eenhede het slaapplek vir 6 en beskik oor 2 slaapkamers, 2 en suite-badkamers en 'n ekstra slaapbank in die sitkamer. Daar is 'n sitkamer met 'n kombuisie wat toegerus is met basiese selfsorg-geriewe. Die eenslaapkamereenheid het ook 'n slaapbank en slaapplek vir 4 mense. Daar is 'n kombuisie in die sitkamerarea. Die ander 3 eenhede met 1 slaapkamer en 1 badkamer het almal slaapplek vir 2 gaste. Die eenhede het hulle eie privaat sitkamerareas en kombuisies. Hulle is almal baie ruim en beskik oor gratis WiFi, 'n TV met DStv, lugversorging, en linne en handdoeke. Elke kombuisie is toegerus met breekware en eetgerei, 'n induksie-stoof, mikrogolfoond en 'n groot yskas.

Die woonstelle is minder as 5 minute se stap vanaf die woelige Knysna Waterfront en verskeie ander besienswaardighede. Dit is in die Hoofweg geleë, tussen sommige van Knysna se restaurante en kuierplekke. Die dakwoonstelle is reg oorkant die Woodmill Lane Inkopiesentrum geleë wat 'n African Arts and Crafts-markie op die plein het. Knysna Mall is ook 5 minute se stap in die hoofweg af. Knysna Penthouses bied nie net 'n sentrale beginpunt vir jou toer van die Tuinroete nie, maar ook gerieflike en gesellige verblyf vir jou vakansie of besigheidsreis.

Knysna is die kern van die Tuinroete en bied maklike toegang tot die omliggende areas.

'n B&B-opsie is op versoek beskikbaar, en word by Cafe le Boer bedien wat reg voor die deur is.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  ADSL-lyn
  •  Gastesitkamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Restaurant op Perseel
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Maaltye Aangebied

  •  Aandete Op Versoek
  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Onderdakparkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Knysna Penthouses gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R590 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za