LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by Knysna River Club | LekkeSlaap
+117

Knysna River Club

Selfsorg
  • Kapasiteit: 36 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Sun Valley-rylaan, Costa Sarda, Knysna, 6570, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 340 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Op die oewer van die Knysna-strandmeer, is die bekroonde Knysna River Club geleë. Ons bied 'n private ingeslote grondgebied met bekoorlike, luukse selfsorg-chalets van hout in die hartjie die Tuinroete. Ons eenhede is omring deur skadubome en luisterryke tuine en bied veiligheid, privaatheid en gemak vir gaste wat uitsien na 'n ontspanne wegbreek. Ons verblyf bied die ideale blyplek om die oulike dorpie, Knysna, te verken.

Hier kan gaste in die oggend wakker word met voëlgesang en 'n heerlik koffie op die houtdek drink. Gaan swem vroegoggend in die strandmeer of die oord se swembad voordat jy die dag begin met 'n smullekker ontbyt by Boogies, ons restaurant op die perseel.

Die Lagoon Chalets bied elkeen beeldskone uitsigte en die lodge word omring deur bome, luisterryke tuine en bied veiligheid, privaatheid en gerief. Ons chalets, hetsy jy 'n Garden Chalet of Lagoon Chalet kies, is lugtig, ruim en gemaklik. Ons bied eenslaapkamerwoonstelle, tweeslaapkamerwoonstelle of chalets met 'n tussendeur. Elkeen bied ook slaapplek vir 2 ekstra gaste op 'n dubbelslaapbank in die leefarea.

Ons is gerieflik na aan die besienswaardighede van die area geleë, die Knysna River Club is slegs 1,5 km van die Knysna Waterfront met sy vele restaurante, kafee's en winkels af. Die Woodmill Lane Inkopiesentrum met sy kleurvolle boetieks, eetplekke en kunsgalerye is net so naby.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Jacuzzi
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Swembad
  • Jacuzzi
  • Braaiplek
  • Speletjieskamer
  • Kombuisgeriewe
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Restaurant op Perseel
  • Persoonlike Kluis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens

Aktiwiteite op perseel

  • Visvang
  • Fietsry
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt
  • Aandete

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • 24-Uur Sekuriteit
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • American Express
  • Diners-kaart
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.7 uit 5van 9 resensies vir Knysna River Club
Netheid
4.8/5
Diens
4.6/5
Ligging
4.6/5
Veiligheid
4.8/5
Waarde vir geld
4.8/5

Ligging

  • Sun Valley-rylaan, Costa Sarda, Knysna, 6570, Wes-Kaap
  • Gaste dink Knysna River Club het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 340
per nag (plek vir 2)
Vanaf R1 340
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 36 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Sun Valley-rylaan, Costa Sarda, Knysna, 6570, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGFiOTQwOWY4LTc3NjktNDIyYy1hZDI4LWI2MzkxNjMwZjgyYg?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R1 340  per nag (plek vir 2) 9 5 1 5 Sun Valley Drive Costa Sarda 6570 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -34.038636990503 23.0622544979
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!