Wes-Rand Akkommodasie by Koesterfontein Farm Glamping | LekkeSlaap
+42

Koesterfontein Farm Glamping

  • Kapasiteit: 10 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Koesterfontein Plaas VG621 , Golden Valley, 10 km vanaf Magaliesburg , 2000, Gauteng
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R4 180 per nag (vir 10 persone)

Beskrywing

Koesterfontein Farm Glamping is in die stil en rustige platteland weggesteek en bied gerieflike selfsorgverblyf met 'n pragtige uitsig. Dis net 10 km buite Magaliesburg. 

Verblyf word in 'n skuurhuis, glankamptent en 'n rotshuis wat altesaam slaapplek vir 10 gaste het, gebied.

Die skuurhuis het 2 slaapkamers wat elk 'n koninggrootte-bed en en suite-badkamer met 'n stort, toilet en wasbak het. Die leefarea het 'n kaggel en 2 slaapbanke wat slaapplek vir 4 kinders onder 6 jaar bied. Daar is 'n eetarea en 'n ten volle toegeruste kombuis met 'n skottelgoedwasser en 'n Dolce Gusto-koffiemasjien. Die skuurhuis het sy eie braaigeriewe.

Die glanskamptent het slaapplek vir 2 volwassenes en is afgesonder van die skuurhuis. Daar is 'n koninggrootte-bed, 'n en suite-badkamer met 'n bad, stort en 'n toilet. asook 'n Dolce Gusto-koffiemasjien en bekers.

Rock House het 2 slaapkamers. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens. Dié eenheid het ook sy eie braaigeriewe.

Gaste kan gerus die plonspoel gebruik wat deur 'n dek met 'n beeldskone uitsig op die Magaliesberge omring is. Besoekers kan rustig op die dek uitspan en hulle in die pragtige tuin, uitsigte en voëllewe verlustig. Die avonturiers kan gerus fietsry, voetslaan of die heuweltjie uitklim om te kyk hoe die son ondergaan.

Slaapplek

’n Bespreking by Koesterfontein Farm Glamping sluit in:

Koninggrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xKoninggrootte-bed
Koninggrootte-bed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
1 xKoninggrootte-bed
Koninggrootte-bed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 persone
1 xKoninggrootte-bed
Koningingrootte-bed
Slaapkamer 4
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 5
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  • Swembad
  • Braaiplek
  • Gastesitkamer
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Kunsvlieghengel
  • Visvang
  • Forelhengel
  • Baarshengel
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Engels
  • Arabies

Maaltye Aangebied

  • Piekniekmandjies Op Versoek

Konferensiegeriewe

  • Wegbreekkamers
  • DVD-speler
  • Blaaibord
  • Witborde
  • Skootrekenaar-projektor
  • Kantoorgeriewe
  • Plek vir tot 10 afgevaardigdes

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

3.9 uit 5van 16 resensies vir Koesterfontein Farm Glamping
Netheid
2.9/5
Diens
4.1/5
Ligging
4.4/5
Veiligheid
3.9/5
Waarde vir geld
4.1/5

Ligging

  • Koesterfontein Plaas VG621 , Golden Valley, 10 km vanaf Magaliesburg , 2000, Gauteng
  • Gaste dink Koesterfontein Farm Glamping het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Wes-Rand Gauteng
Vanaf R4 180
per nag (vir 10 persone)
Vanaf R4 180
per nag (vir 10 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Koesterfontein Plaas VG621 , Golden Valley, 10 km vanaf Magaliesburg , 2000, Gauteng
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDM5ZGY2OGYxLTBiN2ItNDBiNy04YzQxLTAyODk0ZTZjYWVmNg?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R4 180  per nag (vir 10 persone) 16 5 1 4 Farm Koesterfontein VG621 Golden Valley 2000 Gauteng 086 999 0018 14:00-19:00 11:00 -26.039843044129 27.49160284879
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za