Koetsiershuis

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Koetsiershuis is 'n moderne tweeslaapkamerwoonstel in Stellenbosch en is ideaal vir sakereisigers, vakansiegangers of ouers wat hul kinders besoek.

Die oopplan-woonstel is op die eerste verdieping en word bereik via trappe of 'n hysbak bereik. Die woonstel het vensters met dubbelglas wat dit klankdig maak en beskik oor lugversorging, 'n slaapkamer met 'n koninggrootte-bed en 'n badkamer met 'n bad en 'n stort. Beddegoed en handdoeke word voorsien.

Die kombuis is toegerus met 'n stoof, oond, mikrogolfoond, yskas en tee- en koffiemaakgeriewe. 'n Skottelgoedwasser, wasmasjien en tuimeldroër is ook beskikbaar.

Gaste kan maaltye rondom die eetkamertafel geniet of ontspan in die sitkamer wat 'n TV met volledige DStv het. Die leefarea lei na die balkon wat uitkyk oor die dorp. Onderdakparkeerplek is beskikbaar en die woonstel het 'n alarmstelsel. Ongelukkig word troeteldiere nie toegelaat nie.

Koetsiershuis is 300 m vanaf Eikestad Mall en 700 m vanaf die Universiteit van Stellenbosch. Stellenbosch bied verskeie verskeie restaurante, wynlandgoed en kelders. Daar is ook verskeie doendinge in die area, soos bergfietsry, stap en voetslaan. Gaste kan by die Mooiberg Padstal aarbeie pluk en die Giraffe House, Eagle Encounters South Africa en Jonkershoek Natuurreservaat besoek.

Slaapplek

'n Bespreking by Koetsiershuis sluit in:

1 x Koninggrootte-bed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  ADSL-lyn
  •  Gastesitkamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Lugversorging

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Onderdakparkering

Vermaak

  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Koetsiershuis gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 700 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za