Bojanala Akkommodasie by Kokopelli Farm | LekkeSlaap
+72

Kokopelli Farm

4 resensies
Selfsorg
  • Kapasiteit: 19 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Erfstuk 3 Buffelsfontein , Rustenburg Distrik, 1791, Noordwes
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R660 per nag (vir 2 persone)

Beskrywing

Kokopelli Farm bied gerieflike verblyf in 3 selfsorgkothuise op Kokopelli Plaas, 53,4 km vanaf Rustenburg en 25 km van Magaliesburg af. Die kothuise en Red Earth-plaashuis is teen die berg geleë en het 'n helder, wye uitsig oor die Buffelsfonteinvallei tot op die Magaliesberge op die horison.

Wild Syringa Kothuis is ’n knus houthuis wat slaapplek aan 2 gaste bied. Die kothuis het ’n kamer met 2 enkelbeddens, ’n badkamer met ’n Victoriaanse bad, kombuis, leefarea en eetarea. Die kombuis is toegerus met ’n yskas-vrieskas, oond en stoof. Die leefarea lei na ’n lieflike houtdek met buitemeubels waar gaste kan ontspan en die uitsig geniet. Daar is warm water, beddegoed en badhanddoeke in die kothuis. Gaste het toegang tot ’n braai-area wat ’n vallei-uitsig het. Die kothuis het nie elektrisiteit nie. Die leefarea het 'n dubbelslaapbank vir 2 ekstra gaste.

Buffalo Thorn Kothuis bied slaapplek aan 6 gaste in 2 slaapkamers. Elke kamer het ’n dubbel- en enkelbed. Die klipkothuis is ideaal vir 'n gesin of groep vriende en het ’n badkamer met ’n stort en bad, en ’n oopplan-kombuis, -leefarea en -eetarea. Die kombuis is toegerus met ’n yskas-vrieskas, oond, stoof en etenstafel met stoele. Die leefarea lei na ’n veranda waar gaste kan ontspan en die uitsig geniet. Daar is ’n braai-area aan die agterkant van die kothuis in die rotsagtige heuwel. Linne en handdoeke word voorsien. Dié kothuis is tussen niks en nêrens en het nie elektrisiteit nie.

Red Earth Farmhouse het slaapplek vir 6 gaste en beskik oor 3 slaapkamers, 'n badkamer met 'n bad en 'n stort, 'n kombuis, spens, en 'n sitkamer en eetarea. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed, die tweede kamer het 'n dubbelbed en die derde kamer het 'n enkelbed en 'n slaapbank. Die kombuis is toegerus met eetgerei, breekware, broodrooster, oond, stoof en 'n yskas. Daar is ook braaigeriewe op die veranda. Braaihout word voorsien.

Gaste kan in die plaas-reservoir swem wat ’n pragtige vallei-uitsig het, of sterrekyk terwyl hulle na die geroep van jakkalse luister.

Let asb. daarop dat die pad na die plaas nie geskik is vir voertuie met ’n lae grondvryhoogte nie.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Troeteldiere indien gereël
  • Selfsorg

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Voëlkyk

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels
  • Duits

Parkeerplek

  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.7 uit 5van 4 resensies vir Kokopelli Farm
Netheid
4.8/5
Diens
4.8/5
Ligging
4.5/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
4.5/5

Ligging

  • Erfstuk 3 Buffelsfontein , Rustenburg Distrik, 1791, Noordwes
  • Gaste dink Kokopelli Farm het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Bojanala Noordwes
Vanaf R660
per nag (vir 2 persone)
Vanaf R660
per nag (vir 2 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 19 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Erfstuk 3 Buffelsfontein , Rustenburg Distrik, 1791, Noordwes
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA1h3Bd7d61cZGDhZzDNziIxBUq0EWmVxAsE98P2YfZ1aOgliwaI?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R660  per nag (vir 2 persone) 4 5 1 5 Portion 3 Buffelsfontein District Rustenburg 1791 Noordwes 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -25.962050006139 27.353967833292
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za