Kommetjie Villa in Klein Slangkop Estate

Voeg by Gunstelinge

 

Spesiale Aanbod 15 % af

Kry 15% af. Geldig vanaf 13 Sep 2019 tot 30 Nov 2019.

Beskrywing

Dié perseel het boorgatwater, so 'n swembad is beskikbaar. Ons inwonende paradysvinkie nooi jou uit om dié stukkie paradys te beleef. Kommetjie Villa is in Klein Slangkop Privaat Eko-landgoed wat grens aan die Tafelberg Nasionale Park. Die landgoed het drie hekke wat privaat toegang tot 'n ongerepte strand bied.

Die villa is weggesteek in die agterste hoek vir absolute privaatheid, net 750 m van die strand af. Die landgoed het sy eie wandelpad deur die fynbos tot by 'n uitkykpunt wat 'n lushof is vir voëlkykers. En die villa self bied ook skilderagtige uitsigte oor die Constantiaberge en die see van die boonste verdieping af.

Die villa het 3 slaapkamers (1 met 'n koninggrootte-bed, 1 met 'n koningingrootte-bed, en 1 met 2 enkelbeddens), 3 badkamers, 'n koningingrootte-bed bo vir ekstra kinders of tieners (let asb. op dat dit nie 'n privaat area is nie, dit is hoekom dit meestal deur kinders gebruik word, en 'n gemeenskaplike area met 'n bababed.

Ontspan heerlik in die raamlose veranda met glasmure leekker uit die son uit, of spring in die 10 meter-swembad, of sit snoesig voor die Scan-kaggel in die winter. Die villa is ideaal vir onthaal met sy groot oopplan-kombuis wat lei na die eetarea, sitkamer en veranda. Daar is 'n vuurput buite en 'n Weber-braai , en die konsertinadeure skep 'n groot ruimte bestaande uit die sitkamer, veranda en tuin as mens dit oopmaak. Verder is daar 'n klavier, bordspeletjies en baie boeke vir 'n rustige vakansie.

Die landgoed bied 24 uur-sekuriteit en word deurentyd gepatrolleer deur sekuriteitswagte op fietse. Die villa word 2 maal per week skoongemaak en die linne word elke week omgeruil. Die eienaars bly langsaan en is altyd gereed om navrae te beantwoord en raad te gee. Gaste bly egter heeltemal privaat. Die WiFi is gratis en onbeperk en volledige DStv (Premium) is ingesluit.

Die winkels en restaurante is lekker naby. Gaste kan pragtige perdritte reël op die strand vanaf ons nabygeleë plaas. En die eiendom bied gerieflike toegang tot Kaappunt, Boulders-strand (met sy dierbare pikkewyne), en talle branderry- en swemstrande. Daar is bergfietsroetes in die omgewing. Die eienaar is 'n gelisensieerde valskermswewer en branderplankryer. Dit is net 45 minute vanaf Kaapstad Internasionale Lughawe en honde is welkom mits dit vooraf gereël word ? die tuin is heeltemal omhein.

Slaapplek

'n Bespreking by Kommetjie Villa in Klein Slangkop Estate sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koninggrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Area 1 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Kenmerke

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Aparte Toilet
  •  Stort
  •  Seep

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Dienste

  •  Internet koppeling
  •  Koordlose Internet

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  ADSL-lyn
  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Kinderoppasser Op Versoek
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Waaier

Konferensiegeriewe

  •  DVD-speler
  •  Internet
  •  Televisie

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit
  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  Boeke en Tydskrifte
  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Kommetjie Villa In Klein Slangkop Estate gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R3 000 R2 550 per nag (plek vir 7)

Kry 15% af. Geldig vanaf 13 Sep 2019 tot 30 Nov 2019.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za