Koraalboom Anneks

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Koraalboom Anneks is in die pragdorpie, Wolseley. Die dorp is omring deur berge en die watervalle al langs die pad skep 'n snoesige atmosfeer. Koraalboom Anneks is 'n uitbreiding van die reeds bestaande Koraalboom net oorkant die straat. Die huis is in die middel van Wolseley geleë en is omhein. Veilige parkeerplek is beskikbaar.

Verblyf is beskikbaar in 3 gastekamers en elke kamer het 'n privaat badkamer. Elke kamer het ook 'n USB-vriendelike TV met beperkte TV-kanale. Die kamers is ook toegerus met 'n yskas, mikrogolfoond, ketel, basiese eetgerei en breekware. Koffie, tee, melk, jogurt en beskuit word vir 'n ligte ontbyt voorsien. Die kamer beskik ook oor waaiers en een kamer het lugversorging. Elektriese komberse is in die winter beskikbaar.

Koraalboom Anneks is ideaal geleë tussen verskeie trouevenues soos Olive Rock, Waverley Hills, Bosjes en Tulbagh. Ceres is slegs 15 km weg.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Tennis

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Maaltye Aangebied

  •  Tee

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Koraalboom Anneks gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R550 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za