Korsmans Delight
- Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Vincent-laan 14, Kilfenora, Benoni, 1501, Gauteng
- Vanaf R3 350 per nag, vir 6 mense
Beskrywing
Korsmans Delight is 'n lieflike selfsorg-vakansiehuis in die hartjie van Kilfenora, Benoni. Hierdie eiendom is 'n ideale opsie vir 'n gesinsvakansie, aangesien hierdie huis 'n aanloklike swembad het.
Hierdie eiendom kan gemaklik 6 gaste op 'n slag akkommodeer en bestaan uit 3 slaapkamers en 2 badkamers. Die hoofslaapkamer het pragtige uitsigte oor die tuin en is gemeubileer met 'n koningingrootte-bed. Dit beskik ook oor 'n oulike gimnasiumhoekie en 'n en suite-badkamer met 'n bad, stort, wasbakke, bidet en toilet. Die tweede slaapkamer het ook 'n koningingrootte-bed en 'n skuifdeur wat oopmaak na die pragtige, groot tuin, terwyl die derde slaapkamer 2 driekwartbeddens bevat. Nog 'n bad en stort is beskikbaar in die tweede badkamer.
Die ruim leefarea beskik oor 'n kombuis wat volledig toegerus is met 'n gasstoof, elektriese oond, mikrogolfoond, yskas-vrieskas, Nespresso-masjien, eetgerei en breekware, sowel as 'n skottelgoedwasser. 'n Wasgoedkamer is ook beskikbaar met 'n wasmasjien en 'n strykplank. Daar is 'n eetarea met genoeg sitplek vir almal om hul maaltye saam te geniet. Die knus sitkamer het gemaklike sitplek en 'n platskerm-TV. Gratis WiFi is beskikbaar.
Buite is 'n lieflike tuinruimte en 'n aanloklike swembad waar gaste kan afkoel op daardie warm somersdae. Daar is ook 'n draagbare braai op die patio buite.
Tydens beurtkrag is daar 'n omsetter om die WiFi en TV aan te hou. Daar is ook laaibare ligte en flitse in die huis vir gaste om te gebruik.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
1 x Koningingrootte-bed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Badkamer
Stort, Bad, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.9/5
Sonja Geverifieer
Eiendomme 2
Resensies 4
Op LekkeSlaap 4 jaar
Ligging
- Vincent-laan 14, Kilfenora, Benoni, 1501, Gauteng
- Gaste dink Korsmans Delight het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Benoni Johannesburg Gauteng
- Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Vincent-laan 14, Kilfenora, Benoni, 1501, Gauteng
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang