Kosmos

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Kosmos is 'n volledig gemeubileerde en stylvol ingerigte huis met lieflike uitsigte wat in 'n sekuriteitskompleks teen die hange van die Magaliesberge geleë is.

Dis 'n lieflike woning, maar let wel: Die oprit na die huis is baie steil en nie enige voertuig kan daar opry nie. Daar is ook trappe wat geklim moet word. Neem asseblief kennis hiervan.

Kosmos het 'n groot dek met uitsigte oor die dam, damwal en die seiljagklub. Dié dubbelverdieping-huis het lugversorging en 4 en suite-kamers wat slaapplek vir 10 mense bied. Daar is 2 kamers op die grondverdieping en 2 kamers op die boonste verdieping. Die kamers het elkeen 'n dubbelbed. Die badkamers het baddens en storte. Linne word voorsien.

Die leefarea en die kombuis is op die grondverdieping geleë. Die kombuis is volledig toegerus met 'n stoof, 'n oond, 'n mikrogolfoond en 'n yskas. Gaste kan hul maaltye in die eetkamer nuttig.

Gaste kan langs die swembad ontspan of die braaigeriewe gebruik. Die huis het ook 'n kroeg en 'n pooltafel. Parkeerplek is beskikbaar, maar let asseblief daarop dat die oprit steil is. Daar is ook trappies wat na die huis lei. Troeteldiere word ongelukkig nie toegelaat nie. 'n Voltydse skoonmaker woon op die perseel.

Gaste kan gerus hul eie bote saambring, maar dié bote sal by die marina-klub vasgemeer moet word. 'n Boothuis kan ook bedags gebruik word. Daar is 'n verskeidenheid doendinge soos voetslaan, voëlkyk, watersport, visvang, gholf en verskeie besienswaardighede om te besoek.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Lugversorging

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Kosmos gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R3 000 per nag (plek vir 8)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]