Kredouw Olive Estate

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Favalosa Farm House - Vakansieverblyf, minimum 2 nagte. Die kothuis het 'n en suite-hoofslaapkamer met 'n koningingrootte-bed, 'n kleiner kamer met 2 enkelbeddens en 'n en suite-badkamer met 'n bad en stort. Daar is 'n aparte gaste-toilet. Die stylvolle eenheid het 'n oopplan-leefkamer en kombuis met 'n kaggel en oorspronklike Dover-stoof. Een bondel vuurmaakhout word verskaf en bykomende hout kan aangekoop word. Dié huis het slaapplek vir 2 volwassenes en 2 kinders, en is ideaal vir 'n gesin.

Die kothuis is 'n droom vir dié wat hou van kook te danke aan die volledig toegeruste kombuis met 2 gasstoofplate en 2 oonde. Daar is 'n wasmasjien en droër wat dit perfek maak vir 'n langer vakansie. Ander geriewe sluit 'n DVD-speler, lugversorging in die hoofslaapkamer, 'n dubbelmotorhuis, braaigeriewe en 'n bekoorlike Karoo-stoep in waar jy onvermydelik die meeste van jou tyd sal deurbring.

Coratina en Manzanilla Guest Cottages is 2 selfsorgkothuise wat onlangs opgeknap is aan die voet van die Swartberge. Die doel van die opknappingswerk was hoofsaaklik om die geboue meer energie-doeltreffend te maak ten einde elektrisiteits- en waterkostes te bespaar. Die kothuise kan as "organies", "groen" en "omgewingsvriendelik" beskryf word. Toebehore werk met gas, water en sonkrag. As dit koud en bewolk is, kan 'n donkie gestook word vir warm water. Elke bergkothuis is toegerus met 'n kaggel en braaigeriewe buite. Geen selfoonontvangs, so gaste kan hulself sonder steurnisse verlustig in die stilte van die berge en die ongerepte Karoo-landskap! Daar is ’n minimumverblyftydperk van 2 nagte.

Elke kothuis bestaan uit 1 hoofslaapkamer met 'n koningingrootte-bed vir 'n paartjie en 'n badkamer met 'n stort en toilet.

Ons het 'n Karoo-swembad van 12 m lank en dit spog met die mooiste uitsig op die berg en waterval wat as die Goue Krans bekend staan.

Ongelukkig word geen troeteldiere toegelaat nie omdat bedreigde spesies soos die Oewerkonyn op die plaas voorkom.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Persoonlike Kluis
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Kredouw Olive Estate gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R990 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za