Kruger tot Canyons Akkommodasie by Kruger Cliffs Lodge | LekkeSlaap
+30
+30

Kruger Cliffs Lodge

Selfsorg
  • Vanaf R2 580 per nag (vir 2 persone)
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Gedeelte 3 Scotia Farm, R531, Hoedspruit, 1380, Limpopo
  • Alle ouderdomme is welkom

Beskrywing

Kruger Cliffs Lodge bied bekostigbare, luukse verblyf met 'n lieflike berg-uitsig. Dié lodge is net 30 minutes se ry vanaf die Krugerwildtuin se Orpen-hek met toegang via 'n teerpad en 34 km vanaf Hoedspruit.

Verblyf word gebied in 4 kothuise. Die kothuise en dekke is heeltemal privaat. Die kamers het groot glas skuifdeure met uitsigte op die berge. Die kothuise is langs mekaar en net 'n kort entjie se stap van mekaar af as gaste 'n paar kothuise saam met vriende of familie bespreek.

Elke kothuis het 'n swembadjie wat uniek ontwerp is. Verder het elke kothuis 'n koninggrootte-bed of 2 enkelbeddens, 'n muskietnet, lugversorging en WiFi. Elke badkamer het ook 'n instapstort met 'n uitsig op die berge.

Elke kombuis het 'n mikrogolf, stoof, ketel, broodrooster, yskas-vrieskas en skottelgoedwasser. Daar is ook sjampanje-glase en 'n ys-emmer. Elke kombuis het ook sout, peper, 25 L-drinkwater, opwasmiddel, vadoeke en teelappies.

Gaste kan ook op die privaat dek braai. Braaitoerusting word voorsien, maar hout en vuuraanstekers moet voor aankoms bestel word. Elke kothuis het ook 'n etenstafel.

Die Blydedam is 24,9 km ver en die lodge is 30 minute se ry vanaf die Strydom-tonnel, wat die begin van die Panoramaroete is.

Kenmerke

Swembad
Braaiplek

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Selfsorg
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Groot 5
  • Voëlkyk
  • Wildritte
  • Wildkyk

Hier praat ons

  • Engels

Ligging

  • Gedeelte 3 Scotia Farm, R531, Hoedspruit, 1380, Limpopo
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R2 580
per nag (vir 2 persone)

Sien meer verblyf in

Kruger tot Canyons Limpopo
Vanaf R2 580
per nag (vir 2 persone)
Vanaf R2 580
per nag (vir 2 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Gedeelte 3 Scotia Farm, R531, Hoedspruit, 1380, Limpopo
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA6a42bfc5a13f6231948cb25f2e72360a3861fd1d1a4a9ab1e8e9f8e880d2b7d96cc6232057c8a80d1ec24c91aab55261e399?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R2 580  per nag (vir 2 persone) Portion 3 Scotia Farm R531 1380 Limpopo 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -24.518109807375 30.957282887068
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za