Kruger KayaLakho

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Kruger KayaLakho bied 'n rustige toevlugoord in die ongerepte bosveld van Marlothpark, 'n wildbewarea en vakansiedorp aan die suidelike grens van die Krugerwildtuin. Dit is 'n bekende oornagstop vir toeriste onderweg na die Krugerwildtuin, Swaziland en Mosambiek, en bied die geleentheid om vier van die gewilde Groot 5 te gewaar.

Dié oopplan-eenheid is op die eienaar se perseel en ideaal vir 'n paartjie en het 'n privaat ingang. Die ruim eenheid het 'n koningingrootte-bed en die badkamer het 'n stort.

Die eenheid het lugversorging en die kombuisie is ten volle toegerus met 'n yskas-vrieskas, stoof, oond, mikrogolfoond, broodrooster en ketel. Gaste het toegang tot braaigeriewe op op die privaat patio.

Daar is verskeie doendinge ind ei omgewing soos wildritte, wildkyk, voëlkyk, 4x4-roetes en voetslaan. Marlothpark bied 'n tuiste aan verskeie diere wat vrylik rondom die perseel loop.

Slaapplek

'n Bespreking by Kruger KayaLakho sluit in:

1 x Koningingrootte-bed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Kunsvlieghengel
  •  Visvang
  •  Baarshengel
  •  Groot 5
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Wildritte
  •  Wildkyk

Badkamer

  •  En-suite
  •  Stort
  •  Seep

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Begeleide Wildritte as Ekstra
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Zoeloe

Kamergeriewe

  •  Lugversorging
  •  Waaier
  •  Klein Kombuis

Konferensiegeriewe

  •  Lugversorging

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Vermaak

  •  Boeke en Tydskrifte

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Kruger KayaLakho gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R500 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za