Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Kruger Southern Cross Cottage

  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 08:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Selati-singel 113, Mhlatikop, Malelane, 1320, Mpumalanga
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 200 per nag (plek vir 4)

Beskrywing

Kruger Southern Cross Cottage is ’n selfsorgkothuis op die eienaar se eiendom wat op ’n veilige, omheinde landgoed net buite Malelane geleë is. Die eiendom is 2,8 km vanaf die Krugerwildtuin se Malelane-hek en ongeveer 45 minute se ry vanaf die Lebombo-grens na Mozambiek of die Jeppes Reef-grenspos na Swaziland.

Hierdie kothuis het ’n tuin en bied verblyf aan 3 volwassenes of 2 volwassenes en 2 kinders op stapelbeddens. Dit het ’n oopplan-uitleg met ’n privaat ingang en ’n kragomsetter vir ingeval daar kragonderbrekings is.

Die kothuis het 2 driekwartbeddens en 'n stapelbed met perkallinne en die badkamer het ’n stort en hospitaliteitsgraad-handdoeke. Langs die slaaparea is die etenstafel en ’n kombuis met ’n yskas, mikrogolfoond, vierplaatstoof op die toonbank, sekere eetgerei en breekware, sowel as tee- en koffiemaakgeriewe.

Die kothuis het gratis WiFi en ’n TV met Netflix. Daar is tuinmeubels en ’n Weberbraai in die tuin, asook veilige parkeerplek op die perseel vir 1 voertuig. Gaste sal 'n afstandbeheer ontvang.

Mhlatikop is ’n privaat, omheinde parkagtige dorpie wat rustig is. Daar is ongelooflike voëllewe en dit is veilig genoeg vir kinders om in die strate te speel en op hul fietse te ry. Daar is restaurante en sportgeriewe soos 'n gholfbaan, gimnasium, swembad en tennis- en muurbalbane ongeveer 1 tot 2 km vanaf die eiendom.

Slaapplek

’n Bespreking by Kruger Southern Cross Cottage sluit in:

Enkelbed / Driekwartbed Stapelbed
Slaapkamer
Plek vir 4 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed
1 xStapelbed

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Begeleide Wildritte as Ekstra
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Troeteldiere indien gereël
  • Persoonlike Kluis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Groot 5
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels
  • Zoeloe

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Badkamer

  • Aparte toilet
  • Stort
  • Seep
  • Toiletware

Eenheidgeriewe

  • Lugversorging
  • Eetkamer
  • Verekombers
  • Klein kombuis
  • Sitkamer
  • Kluis

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Haardroër
  • Strykyster
  • Mikrogolfoond
  • Stoof

Vermaak

  • Boeke en tydskrifte
  • Eksklusiewe dstv
  • Tv

Opsomming van Resensie

4.9 uit 5van 23 resensies vir Kruger Southern Cross Cottage
Netheid
4.9/5
Diens
4.9/5
Ligging
5.0/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
4.8/5

Ligging

  • Selati-singel 113, Mhlatikop, Malelane, 1320, Mpumalanga
  • Gaste dink Kruger Southern Cross Cottage het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R1 200
per nag (plek vir 4)
Vanaf
Vanaf R1 200
per nag (plek vir 4)
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 08:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Selati-singel 113, Mhlatikop, Malelane, 1320, Mpumalanga
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA3c1241e0f2f2e5beb937d22e24df9cb4772714df34c5fa05a98b19c6d504d2f2392e4267b77763e0ec6d8c918869c083df86?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 200 per nag (plek vir 4) 23 5 1 5 113 Selati Crescent Mhlatikop 1320 Mpumalanga 021 201 8901 08:00-20:00 10:00 -25.471065990355 31.550825457672