Kaapse Wynlande Akkommodasie by Kruisrivier Guest Farm | LekkeSlaap
+15

Kruisrivier Guest Farm

Selfsorg
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 13:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Langs die N1, Kruis Rivier-plaas, Montagu, 6720, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R575 per nag (vir 2 persone)

Beskrywing

Kruisrivier Guest Farm is op 'n werkende plaas in die Breederiviervallei geleë en is die ideale wegbreekplek vir gaste wat 'n bietjie uit die stad wil ontsnap.

Dié gasteplaas bied verblyf in die Old Schoolhouse met slaapplek vir 4 gaste. Dié oopplan-eenheid het 'n dubbelbed en 2 enkelbeddens, asook 'n privaat, aparte badkamer met 'n stort. Die kombuis is volledig toegerus. Gaste kan heerlik op die verandas ontspan en die buite-braaigeriewe benut. Neem asb. kennis dat die eenheid nie 'n TV het nie en die plaas het nie selfoonontvangs nie.

Kruisrivier Guest Farm bied verskeie doendinge, soos visvang, bergfietsry, swem in die dam en voëlkyk. Daar is ook verskeie diere te sien, soos skilpadspesies, springbokke, elande, swartwildebeeste, rooihartbeeste, steenbokke en meer as 180 voëlsoorte.

Daar is ook verskeie staproetes op die plaas en gaste kan gerus hul vierwielmotorfietse saambring mits dit vooraf gereël word. Troeteldiere is ook welkom mits dit vooraf gereël word. Wildritte is teen ekstra koste per uur beskikbaar.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Troeteldiere indien gereël
  • Selfsorg

Aktiwiteite op perseel

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Bergfietsroetes

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Wildritte
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Etes Op Versoek

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant

Ligging

  • Langs die N1, Kruis Rivier-plaas, Montagu, 6720, Wes-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Kaapse Wynlande Wes-Kaap
Vanaf R575
per nag (vir 2 persone)
Vanaf R575
per nag (vir 2 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 13:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Langs die N1, Kruis Rivier-plaas, Montagu, 6720, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDRlOWZhOTMxLTg0YzQtNDlkZC05Mjk5LWE1MTE2NGI2M2M1ZQ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R575  per nag (vir 2 persone) Off the N1 Farm Kruis Rivier 6720 Wes-Kaap 086 999 0018 13:00-19:00 10:00 -33.496333333333 20.336138888889
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za