Krummel & Kie

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Krummel & Kie is op die eienaar se perseel in die kusdorpie, De Kelders, geleë. De Kelders vorm deel van die groter Hermanus-area aan die Wes-Kaap se suidkus. Dié dorp se prentjiemooi landskappe, matige klimaat, buitelug-doendinge, ryk verskeidenheid plantegroei en die feit dat dit betreklik naby Kaapstad is, maak dit die ideale basis om die Kaapse Overberg te verken.

Verblyf is beskikbaar in 'n eenslaapkamerwoonstel langs die hoofhuis met 'n privaat ingang. Die slaapkamer het 'n dubbelbed en daar is 'n slaapbank vir 'n kind in die leefarea. Die badkamer is apart en het 'n stort.

Die kombuisie het 'n yskas-vrieskas, 'n induksie-stoofplaat, mikrogolf, broodrooster en tee- en koffiemaakgeriewe. Die ruim oopplan-leefarea het 'n etenstafel met sitplek vir 3 en 'n TV met alle DStv-kanale. Ekstra geriewe sluit gratis WiFi, 'n privaat, beskutte braai-area en veilige parkeerplek vir 1 voertuig in.

Besoekers aan De Kelders kan walviskyk, hengel, geskiedkundige besienswaardighede besigtig, watersport op verskeie strande in en om die dorp beoefen, valskermsweef en gholfspeel.

Slaapplek

'n Bespreking by Krummel & Kie sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Area 1 - Huisves 1 kind
1 x Kinderbank vir 1

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Badkamer

  •  Stort
  •  Seep
  •  Toiletware

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Gastesitkamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Verekombers
  •  Waaier

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Krummel & Kie gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R750 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za