Kuhestan Organic Farm and Guest Cottages

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Kuhestan Farm Cottages rus teen die inheemse Afro-bergagtige woude aan die rand van die majestueuse Magoebaskloofpas en geleë op die grond van 'n organiese avokado- en framboosplaas.

Elk van die 2 selfsorgkothuise is gemeubileer en het 'n dubbelbed of 2 enkelbeddens. Elke eenheid het sy eie en suite-badkamer, asook 'n verhitte handoekreling. Die eenhede word daagliks skoongemaak en elke eenheid is stylvol met gemakstoele voor 'n houtbrandende kaggel en 'n volledig toegeruste, gehaltekombuis. Hoewel die instansie selfsorg is, word daar vir komplimentêre ontbyt, tuisgebakte brood, tuisgemaakte konfyt, plaaseiers, botter, muesli, tee, koffie, suiker, vars melk en seisoenale vrugte voorsiening gemaak.

Met maklike toegang tot al die verskeie doendinge wat in die omgewing aangebied word, bied die Kuhestan Farm Cottages 'n onvergeetlike ervaring vir almal wat ons besoek.

Die Magoebaskloof-berge is die tuiste van Kuhestan Organic Farm wat selfsorgverblyf in vakansiekothuise vir natuurliefhebbers, voëlkykers en almal wat op soek is na vrede, rustigheid en skoonheid bied. Kuhestan plaas is omring deur beide Afro-berge en dennewoude. Dit bied besoekers en gaste welkome toegang tot een van die mooiste tuine in die Magoebaskloofberge wat 'n ruim verskeidenheid van eksotiese bosvoëls aantrek. Die skaars Samango-aap kan ook in die inheemse bos gesien word.

Bykomend tot die gastekothuise, avokado's en frambose, Kuhestan Products - 'n reeks heerlike Persiese geurdrankies, konfyt en piekels - word op die plaas geproduseer en is te koop vir gaste en besoekers.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Forelhengel
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Persiese

Maaltye Aangebied

  •  Aandete Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Kuhestan Organic Farm And Guest Cottages gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 500 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za