Bloubergstrand Akkommodasie by Kumoya | LekkeSlaap
+10

Kumoya

  • Kapasiteit: 2 persone
  • Inkloktyd: 13:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Sir David Baird-rylaan, Bloubergstrand, Kaapstad, 7441, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 000 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Kumoya is 'n selfsorgwoonstel in Bloubergstrand en is net 50 m van die strand af. Die woonstel is ten volle gemeubileer en is op die tiende verdieping van die bekende Blouberg Heights-gebou in 'n spoggerige buurt. Dit is ideaal vir vakansiegangers of sakereisigers.

Dié eenslaapkamerwoonstel bied slaapplek aan 2 volwassenes en 2 kinders. Daar is 'n dubbelbed in die slaapkamer en 'n koningingrootte-bed in die sitkamer. Linne word voorsien, maar nie strandhanddoeke nie.

Die oopplan-kombuis is goed toegerus met 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolf, ketel en broodrooster. Die leefarea het 'n tafel met 4 stoele en 'n sitarea wat beskik oor 'n TV met sekere DStv-kanale.

Gemeenskaplike braaigeriewe en wasgoedgeriewe is in die kompleks beskikbaar. Kumoya bied asemrowende uitsigte op Tafelberg en oor Robbeneiland, wit sandstrande, stadsliggies en sonsondergange en is dus ideaal vir 'n wegbreek.

Slaapplek

’n Bespreking by Kumoya sluit in:

Koningingrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed
Dubbelslaapbank
Area 1
Plek vir 2 persone
1 xDubbelslaapbank

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Fietsry
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.8 uit 5van 30 resensies vir Kumoya
Netheid
4.8/5
Diens
4.7/5
Ligging
4.9/5
Veiligheid
4.9/5
Waarde vir geld
4.8/5

Ligging

  • Sir David Baird-rylaan, Bloubergstrand, Kaapstad, 7441, Wes-Kaap
  • Gaste dink Kumoya het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 000
per nag (plek vir 2)
Vanaf R1 000
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 2 persone
  • Inkloktyd: 13:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Sir David Baird-rylaan, Bloubergstrand, Kaapstad, 7441, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDJiNWMzYTAwLTc2NjktNDUwNy04OWQwLWJiNjM2N2MwZDYzZA?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R1 000  per nag (plek vir 2) 30 5 1 5 Blouberg Heights Apartment Sir David Baird Drive, Bloubergstrand 7441 Wes-Kaap 086 999 0018 13:00-17:00 10:00 -33.80282046641 18.462541997396
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za