Kunje Guest Farm

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Kunje Guest Farm pronk aan die voet van ’n bergreeks in ’n verlate hoekie van die Koue Bokkeveld, sowat 32 km vanaf Citrusdal (20 km grondpad). Dié gasteplaas, wat soos ’n oase in die ongenaakbare omgewing uitstaan, bestaan uit ’n kleurvolle, gerestoureerde plaas- en kothuis, twee selfsorgkothuise en ’n ongekunstelde, troeteldiervriendelike berghut.

Die stylvolle plaas- en kothuis langsaan word omring deur bekoorlike tuine en hoekige rotse. Sowel die plaas- as die kothuis spog met persoonlike aandag aan die kleinste besonderhede: ’n volledig toegeruste kombuis, interessante verftegnieke op die meubels en mure, kleurvolle duvets en ’n stapel bordspeletjies om te sorg vir vermaak op reënerige dae. Buite in die skadu van ’n klompie bome is ’n bekoorlike braai-area en ’n lekker swembadarea wat deur rotse omring word.

Die plaashuis, wat 5 dubbelkamers en 3 badkamers het (selfs meer as die kothuis ingesluit word), is die ideale tuiste vir groot groepe wat op soek is na gerieflike verblyf.

Die 2 kleiner selfsorgkothuise het ruim slaapkamers, en suite-badkamers, ’n volledig toegeruste kombuis en ’n leefarea met ’n knus kaggel. Dié kothuise kan 2 - 6 gaste akkommodeer.

Die Geelberg Berghut is ’n ent van die plaashuis en kothuise geleë en is toegerus met elektrisiteit en stapelbeddens. Dit is ideaal vir groepe van 18 wat effens "rowwer" geriewe verkies. Daar is twee slaapkamers met stapelbeddens, 2 badkamers, ’n kombuis met die nodige geriewe, ’n yskas, ’n stoof, ’n mikrogolfoond en ’n binne- en buitebraai. Avontuurlustige persone, voetslaners en skool- of spanbougroepe wat nader aan die natuur wil leef sal beslis hierdie eenheid geniet!

Die omliggende platteland bied hope staproetes, roetes vir bergfietsry, en swempoele. Jy kan ook die veldblomme en San-tekeninge bewonder.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Kunje Guest Farm gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R360 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za