Kurhula Wildlife Lodge

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Kurhula Lodge het 4 bekostigbare dubbelkamers (2 kamers onder 1 dak). Die stoep het gemaklike stoele en bied 'n pragtige uitsig oor die Olifantsrivier. Elke kamer het 'n ekstra lang koninggrootte-bed of 2 enkelbeddens, lugversorging, 'n muskietnet, yskas, hangkas, haardroër en koffie- en teemaakgeriewe. Die en suite-badkamer het 'n stort, toilet en dubbelwasbak. Die vloer en badkamer se leiklipteëls skep 'n egte Afrika gevoel.

Aandete en ontbyt is by die verblyf ingesluit. 'n Heerlike ontbyt word soggens op die hooflodge se stoep bedien.
Saans bedien ons 'n Afrika driegang-maaltyd met so 'n tikkie Europa. Ons gebruik slegs vars, seisoenale produkte. Sou jy enige spesiale dieëtvereistes hê, laat weet ons asseblief vroegtydig sodat ons aan alle versoeke kan voldoen. Middagetes is op versoek beskikbaar.

Ons is in 'n Groot 5-gebied met geen grense tussen ons en die Krugerwildtuin nie. Ons kan egter nie waarborg dat jy die Groot 5 sal sien nie. Dis hoekom ons op ander aspekte van die natuur fokus, soos insekte, plante en bome. Ons kan wildritte en boswandelinge in die reservaat (300 ha), onder leiding van 'n ervare gids, organiseer, asook daguitstappies na die Krugerwildtuin. Vroegtydige bespreking is nodig. Die Lodge se perfekte ligging maak dit moontlik om alle hoogtepunte van die omgewing binne 'n uur en 'n half se bereik te ervaar. Na 'n dag vol avontuur kan jy heerlik ontspan by Kurhula Wildlife Lodge.

Let daarop dat Kurhula slegs bereik kan word via 'n 12 km lange grondpad met los sand, klippe en heuwels. 'n 4x2- of 4x4-voertuig word sterk aanbeveel, en sal veral nuttig wees as jy self deur die Krugerwildtuin of op die Panoramaroete wil ry.

Kenmerke

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Groot 5
  •  Wynproe
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie

Aktiwiteite op perseel

  •  Groot 5
  •  Voëlkyk
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Kroeg
  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Kinderoppasser Op Versoek
  •  Swembad
  •  Begeleide Wildritte as Ekstra
  •  Braaiplek
  •  Gastesitkamer
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Restaurant op Perseel
  •  Persoonlike Kluis
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens

Hier praat ons

  •  Engels
  •  Nederlands
  •  Frans
  •  Duits
  •  Spaans

Maaltye Aangebied

  •  Kamerbediening
  •  Ontbyt
  •  Aandete
  •  Middagete

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Onderdakparkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Kurhula Wildlife Lodge gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R3 200 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za