Kusweg Wegbreek

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Kusweg Wegbreek bied verblyf in die hartjie van die Tuinroete. Die eenheid is teen die strand in Tergniet, tussen Groot-Brakrivier en Mosselbaai geleë. Die hele area is toeristevriendelik en hier is baie besienswaardighede in die omtrek. Daar is 'n getypoel vir kinders is op die strand reg voor die huis. Dis 'n heerlike plat strand met koraalrotse wat dit baie veilig maak vir kinders.

Die verblyf is die hele grondvloer en die strandhuis is volledig ingerig. Dit is heel jaar beskikbaar vir bespreking en bied slaapplek aan 8 gaste.

Die eenheid beskik oor 2 slaapkamers en 1 badkamer. Elke slaapkamer het 'n dubbelbed en 'n stapelbed en die badkamer het 'n bad, wasbak en 'n toilet. Badhanddoeke word voorsien, maar gaste moet hul eie strandhanddoeke saambring.

Die leefarea is oopplan en die kombuis is toegerus met 'n yskas, vrieskas, mikrogolfoond, stoof, oond asook eetgerei en breekware. Daar is gemaklike banke asook 'n TV met volledige DStv in die sitkamer.

Daar is oorgenoeg parkeerplek voor en langs die huis.

Let wel: Geen troeteldiere word ongelukkig nie toegelaat nie.

Slaapplek

'n Bespreking by Kusweg Wegbreek sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 4 persone
1 x Koningingrootte-bed
1 x Stapelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 4 persone
1 x Dubbelbed
1 x Stapelbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Groot 5
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Badkamer

  •  Bad

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek

Hier praat ons

  •  Afrikaans

Parkeerplek

  •  Parkering Van Die Straat Af
  •  Parkering Op Die Straat

Vermaak

  •  Boeke en Tydskrifte
  •  DVD
  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Kusweg Wegbreek gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R2 400 per nag (vir 8 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za