LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by Kwafubesi Tented Safari Camp | LekkeSlaap
+22

Kwafubesi Tented Safari Camp

Wildsplaas

Opsomming van Resensie

4.5 uit 5van 5 resensies vir Kwafubesi Tented Safari Camp
Netheid
4.8/5
Diens
4.0/5
Ligging
4.8/5
Veiligheid
4.8/5
Waarde vir geld
4.0/5
Ronel M - Apr 2021
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Ronel M

Absoluut awesome! Heerlikste kos, vriendelikste staf en puik diens.

As 'n gesin met 'n gestremde seun en 'n dogter met super-allergie vir kruie het hierdie span hulle so oor ons ontferm! My dogter kon haar etes met oorgawe geniet sonder om bekommerd te wees vir 'n besoek aan 'n hospitaal - Johannes, die kok, het haar besonders goed na omgesien! Dit was so lekker om daar te kon rus! En wat 'n amazing gids was Ben nie - eersteklas. Ek het so gerus (en gewig opgetel van al die lekker eet), dit was superbederf-naweek.

Claudi G - Aug 2016
Gemiddeld
Netheid
4/5
Diens
1/5
Ligging
4/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
1/5
Claudi G
Saam met eggenoot / lewensmaat

Baie gejaag en teleurstellend.

So teleurgesteld na ons kuier by Kwafubesi wat jammer is want dit is so mooi plek met so baie potensiaal. Ons veldwagter was op sy eie missie gewees. Hy het agter wild aangery wat hy wou sien, nie wat ons noodwendig wou sien nie. Nie baie gasvry nie en het baie min gesels met ons so die atmosfeer in die kamp was baie styf. Dit het omtrent gevoel asof ons op n baie noue tydskedule was - die laaste ding wat jy soek as jy bietjie wil is ontspan. Aandete: op die webwerf word daar gesê tradisionele "African cuisine" is die sjef se spesialiteit, maar wat ek gekry het was koue McCain groente, 'n stuk taai oneetbare eendvlerk met geen vleis nie en 2 hash browns? R215 vir bottel Beyerskloof Pinotage is belaglik! Na aandete wou ons nog bietjie kuier voor die vuur, maar die veldwagter wat ons na ons tent toe moet vergesel het die heeltyd gesug en na sy horlosie gekyk, dit het ons so ongemaklik gemaak dat ons maar 20:00 terug is tent toe! Tente: Ongelooflik mooi, maar dis vrek koud in daai tent. 'n Gas heater of iets soortgelyk sou dit baie meer aangenaam maak. Ons een elektriese kombers het nie gewerk nie, so ons moes maar 'n bed deel. Soos ek sê baie potensiaal, maar baie teleurstellend.

Lou O - Mrt 2016
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
4/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
4/5
Lou O
Saam met eggenoot / lewensmaat

Baie rustig en privaat. Dit was goed om weg te kom van families en kindervakansiegangers.

Baie mooi luukse tente met alles wat mens nodig het. Jy kan nie by die kamp uitkom self nie. Jy word opgelaai deur Kwafubesi se personeel en dan ontvoer na die land van rustigheid. Geen kinders word toegelaat nie, wat beteken jy kan lekker afskakel en rus. Die wildritte was baie goed. Werner, ons gids, was baie skerp. Ons het leeus, renosters, luiperds en buffels gesien. Vier uit die Groot 5 is nie sleg nie, en dan ook hordes van al die ander diere. Kos was seker die een afdeling wat kon verbeter. Die variasie in die vaste driegangmaaltye was goed, maar die "sirloin" was bv. te gaar. Geen opsie was gegee vir jou voorkeur oor hoe gaar jy die vleis soek nie. Die personeel was baie vriendelik en behulpsaam. Maak seker jy het alles wat jy nodig het in die lyn van peuselhappies ens. anders moet jy teruggeneem word na die hoofkamp by Mabula om dit te gaan koop. Daar is wel 'n volledige kroeg as jy dalk dors word.

Philda W - Mei 2015
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Philda W
Saam met eggenoot / lewensmaat

Dit was 'n heerlike naweek weg.

Sien die sterre.

Esti D - Des 2014
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Esti D
Saam met vriende

Fun, relaxed and beautiful weekend.

Kwafubesi is a beautiful lodge. We had excellent service. Food was outstanding. We all had a wonderful weekend and definitely recommend Kwafubesi to anyone who loves the bushveld and wants to be spoiled. The manager and ranger are very friendly and accommodating. We saw 4 of the Big Five and Greg the Ranger went out of his way to make our game drives special. We had a wonderful experience.

Vanaf
R3 570
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R3 570
per nag, vir 2 mense
Vanaf
R3 570
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Inkloktyd: 11:00 tot 13:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Rooibergweg, Mabula Privaat Wildreservaat, Waterberg, 0530, Limpopo
  • Geen kinders onder 8
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA39508d225ff38e0f03db2adaa1abf11b2784baca92422587dfcf29ef10cbeafa2bd8d68986e55491d915610dfc6cf76d9a76?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R3 570  per nag, vir 2 mense 5 5 1 5 Rooiberg Road Mabula Private Game Reserve 0530 Limpopo 086 999 0018 11:00-13:00 10:00 -24.79384604049 27.912575597553
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!