Kwela Bed and Breakfast

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Kwela Bed and Breakfast word deur die AA sterk aanbeveel as B&B en bied gaste gemaklike oornagverblyf in pragtig versierde kamers. Die B&B is in die middel van Aliwal-Noord op die N6-roete van Pretoria na Oos-Londen geleë.

Die B&B beskik oor 10 eenhede en het slaapplek vir 22 gaste. Elke eenheid het 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak, en is met 'n yskassie, mikrogolf, lugversorger, tee- en koffiegeriewe en DStv toegerus. 'n Engelse ontbyt is teen 'n addisionele fooi beskikbaar.

'n Swembad is beskikbaar vir gaste se gebruik en braaigeriewe is op versoek beskikbaar. Veilige parkeerplek met afstandbeheertoegang na al die kamers word voorsien en die "executive"-kamers het onderdakparkeerplek. Dit is 'n troeteldiervriendelike instansie so jy kan jou vierpotige kinders saambring mits jy dit vooraf gereël het. Die gasheer en -vrou, Willem en Katinka, sien uit jou by Kwela B&B te verwelkom.

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Kwela Bed And Breakfast gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R750 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za