La Ballito Self Catering Apartment

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

La Ballito Self Catering Apartment is 'n selfsorgwoonstel in Ballito. Dié deel van KwaZulu-Natal is bekend vir sy pragtige strande en warm water. Dolfyne baljaar gereeld in die water en die see is ideaal vir swem, branderplankry, en skubaduik. Die promenade is perfek vir 'n draffie in die oggend en daar is verskeie winkelsentrums naby.

La Ballito is 'n tweeslaapkamerwoonstel met slaapplek vir 4 gaste. Elke slaapkamer het 'n dubbelbed en linne word voorsien. Die woonstel het teëlvloere en lugversorging in die sitarea. Daar is 'n oopplan-kombuis met 'n ontbytkroeg en 'n woonkamer. Die kombuis is goed toegerus en het 'n stoof, yskas-vrieskas, en mikrogolf. Die leefarea het gemaklike sitplek en 'n TV met DStv.

In die kompleks is daar 'n groot tuin met skaduryke bome, ingeboude braaigeriewe en 2 swembaddens, waarvan 1 groot is en die ander een 'n plonspoel. Daar is ook 'n piekniek-area met permanente tafels en stoele waar gaste etes kan geniet. Die area is wonderlik vir kinders om te speel. Daar is 'n wassery in die kompleks, en ook veilige onderdakparkeerplek met 24 uur-sekuriteit.

Die kompleks is stapafstand vanaf die hoofstrand. Die ligging is puik, so 'n voertuig is nie nodig om die omgewing te verken nie. Reg langs die woonstelblok is daar 'n baie gerieflike winkelsentrum met 'n kruidenierswinkel, kitskosrestaurante, OTM'e en restaurante soos Mozambix, Fiamma Grill.

Slaapplek

'n Bespreking by La Ballito Self Catering Apartment sluit in:

2 x Dubbelbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Rolstoelvriendelik
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Kunsvlieghengel
  •  Visvang
  •  Baarshengel
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Badkamer

  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  24-uur Ontvangs
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Rolstoelvriendelik

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Waaier

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit
  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na La Ballito Self Catering Apartment gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 300 per nag (plek vir 4)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za