Bloubergstrand Akkommodasie by La Cabina 601 | LekkeSlaap
+19

La Cabina 601

Selfsorg
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Coralstraat 9, Table View, Bloubergstrand, 7441, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R850 per nag (plek vir 4)

Beskrywing

La Cabina 601 is 'n selfsorgvakansiewoonstel in Bloubergstrand. Die woonstel het 'n uitstekende uitsig op Tafelberg en Bloubergstrand is die perfekte plek vir diegene wat Kaapstad en die omliggende omgewing wil verken. Die goue strande is perfek vir watersport soos seilplankry en vlieërbranderry, en ander doendinge soos vierwielmotorfietsry, voetslaan, inkopies en uiteet is in die omliggende omgewing beskikbaar.

Die woonstel het slaapplek vir 4 gaste en beskik oor 2 slaapkamers, 2 badkamers en 'n oopplan-kombuis en -leefarea op die onderste verdieping. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak. Daar is 'n ook 'n skuifdeur wat na die balkon met uitsigte oor die see en op die berge lei. Die tweede slaapkamer het ook 'n koningingrootte-bed. Die gastebadkamer het 'n bad, toilet en 'n wasbak.

Die kombuis is ten volle toegerus vir selfsorg en beskik oor 'n wasmasjien-tuimeldroër, stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolfoond, eetgerei en breekware. Daar is ook 'n ontbyttoonbank met stoeltjies. Die eetarea het sitplek vir 4 gaste, en in die sitkamer is daar 'n gemaklike rusbank en 'n platskerm-TV met sekere DStv-kanale. Gratis WiFi word ook voorsien.

Die balkon het 'n uitsig oor die stad, see en berge. 'n Buite-etenstafel vir 4 en braaigeriewe is beskikbaar.

Slaapplek

’n Bespreking by La Cabina 601 sluit in:

Koningingrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed
Koningingrootte-bed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed

Kenmerke

Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Braaiplek
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Wynproe
  • Fietsry
  • Swem

Hier praat ons

  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Ligging

  • Coralstraat 9, Table View, Bloubergstrand, 7441, Wes-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R850
per nag (plek vir 4)
Vanaf R850
per nag (plek vir 4)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Coralstraat 9, Table View, Bloubergstrand, 7441, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAIv4OA93DweKhIiIH6LMxcRivL3ubUdIZQF6JGA9vkqqsw9Ml5d?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R850  per nag (plek vir 4) 9 Coral Road Table View 7441 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-20:00 10:00 -33.818739 18.476236
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za