Knysna Akkommodasie by La Cascade | LekkeSlaap
+28

La Cascade

Selfsorg
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Barquentine-laan 6, Pezula Gholflandgoed, Knysna, 6571, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R3 800 per nag (plek vir 8)

Beskrywing

La Cascade is 'n moderne selfsorghuis op die Pezula Gholflandgoed in Knysna. Die eiendom bied slaapplek aan 8 gaste en spog met prentjiemooi uitsigte oor die Knysna-strandmeer en op die Outenikwaberge in die verte.

Die ruim vakansiehuis het 3 verdiepings en 4 en suite-slaapkamers. Elke slaapkamer het 2 enkelbeddens wat in koninggrootte-beddens omskep kan word en 'n en suite-bad of -stort of ablei. Die oopplan-kombuis is goed toegerus met die nodige toebehore om maaltye voor te berei en dit bied toegang tot 'n opwasarea met 'n wasmasjien en ander toebehore.

Die eetarea langsaan het 'n etenstafel met sitplek vir 8. Die leefarea het 'n kaggel met 2 kante en dit bied toegang tot 'n onthaalarea. Die onthaalarea het 'n etenstafel buite, ingeboude braaigeriewe en 'n swembad wat oor die omgewing kyk. Daar is ook 'n dubbelmotorhuis vir 2 voertuie.

Gaste het toegang tot die bekroonde 18 putjie-gholfbaan, 'n swembad, klubhuis en 'n tennisbaan op die landgoed. Daar is ook 'n 5-ster-hotel op die landgoed met 'n spa, gimnasium, verhitte swembad met 'n ouderdomsbeperking, 2 restaurante en 'n speelarea vir kinders.

Slaapplek

’n Bespreking by La Cascade sluit in:

Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 4
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Selfsorg

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Onderdakparkering

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Ligging

  • Barquentine-laan 6, Pezula Gholflandgoed, Knysna, 6571, Wes-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R3 800
per nag (plek vir 8)
Vanaf R3 800
per nag (plek vir 8)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Barquentine-laan 6, Pezula Gholflandgoed, Knysna, 6571, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAawgrDUz6iUy0jr0b2BTMh7mXj8DkG0QamP26Zind1NXqkiw1AS?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R3 800  per nag (plek vir 8) 6 Barquentine Avenue Pezula Golf Estate 6571 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -34.064671 23.098008
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za