La Corsica 06

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

La Corsica 06 is 'n selfsorgwoonstel in 'n veilige kompleks in Beacon Rocks. Die kompleks is naby die swemstrand en ander besienswaardighede in die omgewing.

Dié duplekswoonstel op die grondvloer het 2 vlakke, slaapplek vir 5 gaste en beskik oor 2 slaapkamers en 1 badkamer. Al die slaapkamers is op die boonste verdieping. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens en 'n opvou-matras vir 'n kind. Die badkamer het 'n stort en 'n bad. Die kombuis het 'n yskas, mikrogolfoond, oond, stoof en ander basiese toebehore.

Die sitkamer langsaan het 'n TV met 'n DStv-koppelpunt, so gaste kan hulle eie dekodeerder, kabels en slimkaart saambring. Daar is ongelukkig nie 'n koppelpunt vir Explora-dekodeerders nie. Die kompleks spog ook met 'n gemeenskaplike swembad, braaigeriewe en veilige parkeerplek.

Die kompleks is minder as 6 km vanaf die Hibiscus Mall, Margate se hoofstrand, Shelley Sentrum, restaurante en ander geriewe aan dié kant van die Suidkus.

Slaapplek

'n Bespreking by La Corsica 06 sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 volwassenes en 1 kind
2 x Enkelbed / Driekwartbed
1 x Kindermatras vir 1

Kenmerke

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Waaier

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na La Corsica 06 gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R545 per nag (plek vir 5)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false