Franschhoek Akkommodasie by La Gratitude Self-catering Villa | LekkeSlaap
+24

La Gratitude Self-catering Villa

Selfsorg
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 4 Village du Reservoir, , Franschhoek, 7690, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R2 950 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

La Gratitude is 'n ruim selfsorg-villa met 3 slaapkamers wat in die bekoorlike dorpie Franschhoek in die Kaapse Wynlande geleë is. Dit is een van die oudste dorpe in die Republiek van Suid-Afrika en dis omtrent 75 km van Kaapstad af geleë. La Gratitude het oorgenoeg spasie en dis die ideale selfsorgverblyf vir 'n groot gesin of groep vriende wat saam reis.

Die verblyf word aangebied in 3 en suite-slaapkamers waarvan 2 koningingrootte-beddens het en die ander 2 enkelbeddens het. Die enkelbeddens kan in 'n koninggrootte-bed omskep word op versoek. Elke kamer het sy eie satelliet-TV, lugversorging en 'n kluis. Die hoofsitkamer het 'n grootskerm-TV, lugversorging en 'n kaggel. Op die boonste vloer is daar 'n tweede sitkamer met 'n musieksentrum. Die ten volle toegeruste oopplan-kombuis het 'n ontspanne eetarea met kroegstoeltjies.

La Gratitude het 'n privaat plonspoel en onderdakbraaiplek en 'n eetarea buite op die stoep. Verder is daar 'n alarmstelsel en gewapende reaksie van 'n sekuriteitsmaatskappy om jou veiligheid te verseker. Daar is ook 'n dubbelmotorhuis en 'n klein kluis vir waardevolle items. Die villa is in 'n veilige kompleks geleë en dis net 'n paar minute se stap van die dorp se hoofstraat met al sy winkels, koffiewinkels en restaurante af.

Slaapplek

’n Bespreking by La Gratitude Self-catering Villa sluit in:

Koningingrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed
Koningingrootte-bed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Kunsvlieghengel
  • Visvang
  • Forelhengel
  • Baarshengel
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Onderdakparkering

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

5 uit 5van 4 resensies vir La Gratitude Self-catering Villa
Netheid
5.0/5
Diens
5.0/5
Ligging
5.0/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
5.0/5

Ligging

  • 4 Village du Reservoir, , Franschhoek, 7690, Wes-Kaap
  • Gaste dink La Gratitude Self-catering Villa het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R2 950
per nag (plek vir 6)
Vanaf R2 950
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 4 Village du Reservoir, , Franschhoek, 7690, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA432825ab98095bdcb100794c94e5b51b3d38810a21b5f1d275ac85693325c32465421b04d2a85a43f561d9a67bc8271d736a?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R2 950  per nag (plek vir 6) 4 5 1 5 4 Village du Reservoir Reservoir Street East 7690 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-18:00 10:00 -33.909981 19.124371
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za