Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

La Kruger Blue

Selfsorg

Kliek op enige tarief om 'n meer volledige prysberekening te sien.

Ekstra Fooie

Bo en behalwe die tariewe in die tabel, hef die instansie ook 'n eenmalige R1100 skoonmaakfooi per bespreking.

Prys sluit in
Breekskadedeposito

'n Terugbetaalbare breekskadedeposito van R2500 moet direk aan die eiendom betaal word.

Huisreëls

Gaste moet asb. 'n huurooreenkoms met die instansie onderteken as deel van die bevestiging van die bespreking.

Wetlike verantwoordelikheid:

Gaste aanvaar verantwoordelikheid vir die perseel en is verantwoordelik vir die volgende:

1.1.1. In 'n persoonlike kapasiteit vir enige verlies, skade of breekskade wat aan die perseel of die inhoud daarvan gedurende die huurtydperk plaasvind.
1.2. Om hierdie bepalings en voorwaardes aan alle gaste oor te dra, en
1.3. Om te verseker dat gaste by hierdie bepalings en voorwaardes hou.
1.4. Reg van toegang voorbehou.
Indien In Touch (die bestuurder) vind dat enige gas onaanvaarbare gedrag toon sal alle gaste gevra word om die perseel onmiddelik te verlaat, sonder waarskuwing. In so 'n geval sal geen betalings terugbetaal word nie.
Die volgende word as onaanvaarbare gedrag geag:
Reëls en regulasies:
2.1. Buitensporige geraas en/of harde musiek enige tyd van die dag of nag. Indien bure die geraas kan hoor en/of die harde musiek word dit as buitensporig geag.
Geen gas sal enige onaanvaarbare stoornis, uitermatige of onnodige geraas veroorsaak wat steur of hinder of die rus en vrede van enige ander persoon steur of hinder nie. Boeteproses: Eerste kennisgewing: R500 tot R1000.
2.3. Indien, te enige tyd, daar meer gaste op die perseel is as waarvoor daar ooreengekom is.
Aktiwiteite soos spanbou en partytjies word nie op die perseel toegelaat nie.
2.4. Enige ander gedrag wat as onaanvaarbaar deur die bestuurder geag word.
2.5. Alle geriewe word op eie risiko gebruik. Die eienaar en bestuurder aanvaar geen verantwoordelikheid of wetlike verantwoordelikheid vir enige skade, verlies of besering wat gaste of besoekers aan gaste mag ervaar weens gebruik van die perseel se geriewe nie.
2.6. Rook is verbode op die perseel.
2.7. Geen troeteldiere word toegelaat nie, behalwe met spesiale vooraf reëlings vir gidshonde om gestremde of siggestremde gaste te help.
2.8. Geen items mag van die perseel verwyder word nie. Let asb. dat die perseel nie verseker is teen inbrake nie. Die eienaar en bestuurder neem geen verantwoordelikheid vir skade of verlies van eiendom wat gedurende die verblyftydperk mag plaasvind nie. Die persoon wat hierdie ooreenkoms onderteken neem die verantwoordelikheid om altyd te verseker dat die huis toegesluit en veilig is.
2.9. Indien daar enige tekens of reuke is wat dui daarop dat gaste op die perseel gerook het sal die hele deposito verbeur word.
2.10. Indien die bestuurder bewus word van enige onaanvaarbare gedrag sal die hele deposito verbeur word.
2.11. Indien enige item vermis word, gebreek of beskadig is ten tyde van vertrek sal die vervangingswaarde van die deposito afgetrek word. Die persoon wat verantwoordelikheid neem vir die perseel moet die inhoud van die huis nagaan soos per die inventarislys wat met aankoms voorsien sal word. Hierdie persoon moet die bestuurder binne 2 ure in kennis stel indien enige items vermis word, gebreek of beskadig is. Indien dit nie gedoen word nie, sal die verantwoordelike gas verantwoordelikheid moet neem vir die vermiste, gebreekte of beskadigde items/toerusting.
2.12. Indien daar vlekke op die linne is sal die linne vervang word en die vervangingswaarde sal van die deposito afgetrek word. Die volgende lys is nie volledig nie, maar dien as voorbeelde van middels wat vlekke op die linne mag laat: bloed, maskara, grimering en/of onderlaag, selfverbruiningsmiddel en sonbrandroom.
2.13. Enige kostes wat beloop word om die perseel in die oorspronklike toestand terug te kry sal van die deposito afgetrek word, bv. indien 'n diepskoonmaak nodig is of indien buitensporige vuil skottelgoed agtergelaat word.
3. Sleutel-/breekskadedeposito: Die sleutel-/breekskadedeposito word normaalweg terugbetaal binne 14 dae na vertrek.

Ek, die ondertekende, aanvaar hiermee al die bepalings en voorwaardes soos in hierdie huurooreenkoms uiteengesit. Ek neem voor om by dit te hou en bevestig dat ek volledig bewus is daarvan dat indien ek kontrakbreek ek die perseel onmiddelik sal moet verlaat, sonder waarskuwing, en alle terugbetalings sal verbeur.

Kansellasiebeleid
Meer as 1 maand voor die inkloktyd 50%van die deposito word terugbetaal
Meer as 2 weke voor die inkloktyd 25%van die deposito word terugbetaal
Minder as 2 weke voor die inkloktyd 0%van die deposito word terugbetaal
Vanaf
R2 550
per nag (plek vir 8)
Vanaf
Vanaf R2 550
per nag (plek vir 8)
Vanaf
R2 550
per nag (plek vir 8)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Azurestraat 7, Blue Lagoon, Langebaan, 7357, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAad1ae39381a7b20b31bfdcba3cc65815d3dbd8afef48d0955f975a5ac9941293b7f592e85799307caddffa699d09d23581ed?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 550 per nag (plek vir 8) 9 5 1 5 7 Azure Street Blue Lagoon 7357 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -33.052232 18.046936
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem