La Luna Guest House

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

La Luna Guest House is 'n wit houthuis aan die seekant wat binne met natuurlike hout versier is en buite 'n pragtige grasperk het. Dis langs die Klipgat-roete en deel van die Walkerbaai Natuurreservaat in De Kelders, Gansbaai.

Dié dubbelverdiepinghuis het slaapplek vir 6 gaste en beskik oor 3 slaapkamers. Die eerste slaapkamer het 'n koninggrootte-bed en skuifdeure wat direkte toegang bied tot 'n stoep. Die tweede slaapkamer op die tweede verdieping het 2 enkelbeddens wat ook in 'n koninggrootte-bed omskep kan word, lugversorging en 'n plafonwaaier. Die derde slaapkamer beskik oor 2 enkelbeddens wat in 'n koninggrootte-bed omskep kan word, muskietnette en 'n plafonwaaier. Dié kamer het ook skuifdeure wat direkte toegang bied tot die stoep. Elke kamer het 'n en suite-badkamer met 'n toilet, stort, wasbak en 'n hangkas.

Op die onderste verdieping is daar 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Die kombuis is volledig toegerus vir selfsorg. Die sitkamer het hoë plafonne, gemaklike rusbanke en 'n slim-TV (55'') met DStv Premium. Gratis WiFi is in die hele huis beskikbaar. Die leefarea beskik oor skuifdeure wat lei na 'n groot balkon met asemrowende uitsigte.

Die huis het 'n groot erf aan die seekant, 'n houtdek met 'n piekniek-tafel en 'n verhitte swembad. Daar is ook 'n buite-stort met warm water waar gaste die ergste seesand kan afspoel. Die huis word daagliks skoongemaak. Ontbyt is op aanvraag en teen ekstra kostes beskikbaar.

Hiér kan gaste kom walviskyk en die huis is net 10 minute se stap vanaf die ongerepte Plaat-strand.

Slaapplek

'n Bespreking by La Luna Guest House sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koninggrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Badkamer

  •  En-suite
  •  Stort
  •  Toiletware

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  ADSL-lyn
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Engels
  •  Xhosa

Kamergeriewe

  •  Lugversorging
  •  Waaier

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Aandete Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Vermaak

  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na La Luna Guest House gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R2 500 per nag (plek vir 6)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za