La Mer Lodge

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Hierdie 3-ster oord in die stil woonbuurt van die Arboretum-uitbreiding in Richardsbaai en is omtrent 3,5 km van die SSG en die Boardwalk inkopiesentrum geleë waar jy talle winkels en restaurante sal vind. Dit is omtrent vyf minute per motor van die Tuzi Gazi-waterkant, en 10 minute van die strand af geleë.

Die dorp is lewendig en is besig om 'DIE' Noordkus se vakansiebestemming, met sy skilderagtige en ongerepte strande, te word.

La Mer is ideaal vir beide die besigheidsman en die vakansieganger. Dit is een van die naaste seebestemmings vanaf Gauteng en het dwarsdeur die jaar 'n somerklimaat.

Swem en branderry by die Alkant- en die Neawarkstrand is veilig en uitnodigend, terwyl die Tuzi Gazi-waterkant, Naval Island en die Pelican Island 'n vreugde vir hengelaars, motorboot-ski, motorbootryers, kanovaarders en seilgeesdriftiges is.

Doe oord bied 13 en suite-kamers met DStv, tee-en koffiegeriewe, 'n kluis, lugversorging, radiowekker en oorhoofse waaiers.

Vir die gemak van ons gaste is daar 'n ruim, gemoedelike sitkamer met lugversorging, 'n gelisensieerde, selfsorg-kontantkroeg wat na die grasgedekte patio en swembad-area uitlei. Dit is die ideale plek om na 'n lang dag te ontspan en om ander gaste te ontmoet.

'n Volledige Engelse ontbyt word in ons gemoedelike eetkamer bedien met 'n keuse van graansoorte, vrugte, jogurt en sappe.

Hoor die jongste nuus en weervoorspelling terwyl jy die bodemlose tee en koffie geniet. Die eiendom is met 'n 1,8 m hoë palisade-heining omring, het afstandbeheerde ingangshekke, noodknoppies in alle kamers en 'n 24-uur gewapende reaksie, asook 'n nagwag.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  American Express
  •  Diners-kaart
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Kroeg
  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Swembad
  •  Gastesitkamer
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Konferensiegeriewe

  •  Lugversorging

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Aandete Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na La Mer Lodge gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R900 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false