La Nouvelle Riviera

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Dié selfsorgdupleks is in die veilige Nouvelle Riviera-kompleks in Meerensee, Richardsbaai geleë. Die kompleks is loopafstand van 'n winkelsentrum en die strand af.

Die volledig gemeubileerde dupleks bied slaapplek vir 'n maksimum van 7 gaste en bestaan uit 3 slaapkamers, 2 badkamers en 'n oopplan-kombuis, -eetkamer en -leefarea met 'n slaapbank vir 2 en 'n toilet. Die hooflaapkamer bevat 'n dubbelbed, sy eie badkamer (stort) en 'n TV met volledige PVR DStv. Die tweede badkamer bevat 'n dubbelbed en 'n enkelbed, en die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens. Daar is 'n gedeelde badkamer met 'n bad vir die 2 slaapkamers. Al die slaapkamers het lugversorging en plafonwaaiers.

Die kombuis is volledig toegerus vir selfsorgverblyf en sluit 'n stoof en oond, mikrogolf, wasmasjien en 'n ontbyttoonbank met stoele in. Die eetarea het 'n plafonwaaier en 'n eetkamertafel vir 6. Die gemaklike sitkamer het 'n platskerm-TV met volledige PVR DStv en 'n plafonwaaier.

Buite is daar 'n beskutte patio met ingeboude braaigeriewe en 'n etenstafelstel. Die dupleks het sy eie privaat tuin met 'n swembad. Parkeerplek in 'n dubbelmotorhuis word voorsien.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wildkyk
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Aparte Toilet
  •  Stort
  •  Toiletware

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Lugversorging
  •  Eetkamer
  •  Waaier
  •  Kaggel
  •  Klein Kombuis
  •  Sitkamer

Konferensiegeriewe

  •  Lugversorging
  •  Kantoorgeriewe

Maaltye Aangebied

  •  Kamerbediening

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Onderdakparkering

Vermaak

  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na La Nouvelle Riviera gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 590 per nag (plek vir 7)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false