La Paix Guesthouse

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

La Paix is die Franse woord vir "vrede". Dié gastehuis is in 'n stil buurt in Beaufort-Wes, 600 m vanaf die N1 geleë. Dit is ideaal vir gaste op soek na gerieflike verblyf met 'n tikkie luuksheid naby 'n rits doendinge.

Verblyf is beskikbaar in 10 eenhede waarvan sommige vir selfsorg toegerus is. Elke eenheid het 'n privaat ingang en 'n en suite-badkamer met 'n bad en stort of net 'n stort. Ander geriewe in die kamers sluit lugversorging, 'n TV met DStv, yskassie, koffie- en teemaakgeriewe en elektriese komberse in. WiFi is beskikbaar.

Daar is 'n pragtige tuin met 'n baie voëlspesies en 'n swembad. Veilige parkeerplek is beskikbaar vir motors én motorfietse. Daar is ook braaigeriewe.

Ontbyt en aandete word voorsien. Ontbyt- en aandete-pakkies kan ook gereël word. La Paix het nie 'n dranklisensie nie, maar gaste kan gerus hul eie drank saambring. Ons maak ook voorsiening vir klein troues en privaat funksies, so doen gerus navraag. Goedgemanierde troeteldiere kan saamkom teen 'n addisionele R100 per troeteldier solank die eienaar ten alle tye verantwoordelikheid neem.

Beaufort-Wes het 'n munisipale en privaat museum. Die beroemde hartchirurg, Dr. Christiaan Barnard is hier gebore en getoë. Van die gereedskap wat gebruik is om die eerste hartoorplanting uit te voer word in die museum uitgestal. Die pragtige Karoo Nasionale Park is wes van die dorp.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Restaurant op Perseel
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans

Maaltye Aangebied

  •  Kamerbediening
  •  Ontbyt
  •  Aandete
  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na La Paix Guesthouse gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R750 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za