La Petite Baleine Seaside Villa

Voeg by Gunstelinge

 

Spesiale Aanbod 15 % af

Kry 15% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vanaf 11 Sep 2019 tot 7 Des 2019.

Beskrywing

La Petite Baleine Seaside Villa is smaakvol versier en bied selfsorgverblyf in die kusdorpie, De Kelders. Dié villa het 'n lieflike veranda met 'n randvloeiswembad en 'n uitsig oor Walkerbaai. Hierdie omgewing is natuurlik veral bekend vir die walvisse en dolfyne wat elke jaar hier kom baljaar.

Die villa het 2 seekantkamers in die hoofhuis en 'n aparte slaapkamer met 'n en suite-badkamer langs die hoofvilla. Die hoofslaapkamer is met 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad en stort ingerig. Die tweede slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en toegang tot 'n aparte badkamer met 'n stort. Die derde slaapkamer het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met stort, en daar is 'n stapelbed en 'n enkelbed in die laaste kamer. Daar is 'n eetkamer en 'n sitkamer en 'n oond stoof, mikrogolfoond en ketel in die selfsorgkombuis. Die villa is toegerus met 'n TV met DStv, WiFi en komplimentêre koffie- en teemaakgeriewe. Handdoeke en bederfies word voorsien. Gaste sal mal wees oor die asemrowende uitsigte van die veranda af, terwyl hulle by die swembad ontspan.

Walkerbaai Naturreservaat is in die nabygeleë omgewing en is maklik bereikbaar met 'n voetpaadjie wat ook na die grotte lei. Dié grotte was jare gelede die tuiste van versamelaars gedurende die Steentydperk. Haaihokduik is ook beskikbaar in die omgewing.

Slaapplek

'n Bespreking by La Petite Baleine Seaside Villa sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 3 - Huisves 1 volwassene en 2 kinders
1 x Enkelbed / Driekwartbed
1 x Kinderstapelbed

Slaapkamer 4 - Huisves 2 persone
1 x Koninggrootte-bed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Rolstoelvriendelik
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Aktiwiteite op perseel

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort
  •  Seep

Dienste

  •  Koordlose Internet

Elektriese Toebehore

  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Rolstoelvriendelik
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Lugversorging
  •  Eetkamer
  •  Klein Kombuis
  •  Sitkamer
  •  Kluis

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  Boeke en Tydskrifte
  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na La Petite Baleine Seaside Villa gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R6 180 R5 253 per nag (vir 6 mense)

Kry 15% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vanaf 11 Sep 2019 tot 7 Des 2019.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za